Nog 'n suurstofaanleg vir Rhinopark
Die Rhinopark Private Hospitaal in Windhoek het in nog 'n suurstofaanleg belê om te verseker die hospitaal ondervind nie ’n tekort aan suurstof nie. Die hospitaal het vyf jaar gelede in hul eerste aanleg belê en weens die geweldige aanvraag tans na suurstof tydens die derde golf van die Covid-pandemie, is besluit om nog een aan te koop. Tans het die hospitaal onder meer 18 Covid-19-pasiënte wat hoëvlak-suurstof benodig. Op die foto is die hospitaal se direkteur, me. Esmé Botes, saam met mnr. Dumont U. Karupa, die onderhoudsbestuurder. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie