Nog redery in sop oor verskeping van motors van SA
Nellie Brand-Jonker
Die Mededingingskommissie het ’n Chileense skeepsredery wat motors vervoer by die Mededingingstribunaal vir beweerde samespanning en verskeie ander oortredinge van die Mededingingswet vir vervolging verkla.
Die maatskappy Compañía Sudamericana de Vapores SA (CSAV) het na bewering die wet oortree met tenders wat Ford Motors uitgereik het.
Die maatskappy het na bewering saamgespan met Mitsui OSK Lines (MOL) met die verskeping van Ford-motors van Suid-Afrika na Europa en Noord-Afrika.
MOL is tegemoetgekom oor sy betrokkenheid by die kartel in ruil vir inligting en sy volle samewerking in die saak, luidens ’n verklaring van die Mededingingskommissie.
CSAV het in 2015 ’n boete van R8,8 miljoen betaal nadat ’n ooreenkoms met die kommissie aangegaan is oor soortgelyke oortredings met ’n tender van General Motors.
CSAV ontken nou dat hy in die Ford-tender by sulke oortredinge betrokke is.
Vier maatskappye het die afgelope jare reeds R310 miljoen se boetes in die saak betaal, luidens ’n verklaring van die kommissie. Die maatskappye Nippon Yusen Kaisha (NYK), Wallenius Wilhelmsen (WWL) en Eukor Car Carriers het tussen 2015 en 2018 samespanning erken en met die kommissie geskik.
Die Mededingingskommissie het Höegh Autoliners Holdings AS in 2017 na die Mededingingstribunaal verwys vir vervolging oor sewe klagtes wat met kartelvorming te doen het in soortgelyke tenders wat deur verskillende motorvervaardigers uitgereik is. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie