Nog reën op pad!
Die reënseisoen is nog in volle gang en terwyl die verre Noordooste skynbaar onophoudelik reën ontvang, wag sommige Namibiërs steeds op die eerste goeie buie.
Elvira Hattingh - Nadat reën die afgelope dae op verskeie plekke in die land geval het, verwag weerkundiges goeie reën in die volgende dae in die noordooste, sentrale noorde en sentrale dele van die land.
Die Namibiese weerkantoor voorspel vir vandag gedeeltelike bewolkte en warm weer met enkele donderbuie op Rundu, terwyl Ondangwa dieselfde weer met geïsoleerde donderbuie te wagte kan wees.
Windhoek kan vandag gedeeltelike bewolkte en warm weer met enkele tot geïsoleerde donderbuie verwag, terwyl Keetmanshoop gedeeltelik bewolk en warm sal wees. Volgens die weerkantoor kan Windhoek elke dag tot Vrydag reën ontvang, terwyl Rundu op Vrydag enkele donderbuie kan verwag.
Volgens weather.com sal die weer vanaf vandag oor Ondangwa begin opklaar, maar verbeter die kanse op reën weer vanaf Saterdag.
Baie reën word steeds in die verre Noordooste voorspel. Rundu het vandag ’n 50%-kans op reën en nog meer reën (80%) word elke dag tot Saterdag op die dorp voorspel. Dieselfde geld vir Katima Mulilo, waar daar daagliks tot Saterdag ’n kans op reën van tussen 80% en 90% bestaan.
Weather.com dui aan dat Grootfontein se kanse op reën vanaf môre weer drasties begin vergroot en dat die kans op reën elke dag tot Saterdag tussen 80% en 100% sal wees. Tsumeb en Otavi kan vandag en môre meer sonskyn verwag, terwyl ’n 90%-kans op reën vir onderskeidelik Vrydag en Saterdag bestaan.
Reënvooruitsigte lyk tot Saterdag besonders belowend vir Otjiwarongo en Okahandja, terwyl sonskynweer vir Outjo voorspel word, voordat ’n bietjie reën weer vanaf Vrydag kan val.
Volgens weather.com sal reënwolke oor Usakos na verwagting vanaf vandag begin opklaar, terwyl Windhoek nog vandag en môre ’n 80%-kans op reën het en gedeeltelike bewolkte weer vanaf Vrydag kan verwag.
Rehoboth se kanse op reën vir vandag en môre is onderskeidelik 80% en 40%, terwyl geen reën in die komende dae vir Mariental, Aus, Grünau, Karasburg en Keetmanshoop voorspel word nie.
WEERKAARTE VOORSPEL
Die Nasionale Sentrums vir Omgewingsvoorspelling se weerkaarte dui aan dat reën oor die groter dele van Namibië tot 1 Februarie verwag word.
Goeie neerslae word oor die hele Noorde asook sentrale dele van die land voorspel, terwyl die moontlikheid bestaan dat reën ook oor die groter dele van die Suide sal val. Volgens die voorspelling kan swaar reën in die sentrale Noorde tot Noordooste voorkom.
Volgens weerkaarte op die Kobus Botha-webwerf lyk vooruitsigte vir vandag vir reën belowend vir die Noordweste, sentrale Noorde, sentrale Ooste en suid van Grootfontein en Tsumeb - tot so ver as Windhoek. ’n Moontlikheid vir reën bestaan ook in die Noordooste en suid van Windhoek. Die sentrale Suide en Suidooste kan ook reën ontvang.
Volgens voorspellings sal baie van die vog wat tans reën vir die land bring, vanaf môre begin opklaar, maar sterk reënbuie kan nog oor die Zambezistreek, in die verre Noordweste, sentrale Namibië asook die sentrale Noordooste verwag word. ’n Moontlikheid van reën bestaan egter vir die sentrale en noordelike dele van die land.
Teen Vrydag krimp die vog verder terug en het die Zambezistreek en die sentrale Noorde die beste kanse op reën. Reënbuie kan egter nog oor groter dele in die Noordooste voorkom, terwyl meer vog oor die Noorde en Noordooste weer teen laat Saterdag of Sondag kan begin opbou.
REËNBULLETIN
Amptelike reënsyfers van die weerkantoor dui aan dat Omaruru op Maandag 34 mm reën ontvang het, terwyl Keetmanshoop en Aroab onderskeidelik sowat 26 mm gehad het. Omambuubuu het 17 mm reën gehad, gevolg deur Maltahöhe wat bykans 7 mm ontvang het. Oshakati het 5,8 mm gehad en Karasburg 5,3 mm.
Op die Facebook-blad Reën in Namibia het mense gisteroggend gesê sowat 10 mm het die nag in Windhoek geval, terwyl dit glo ook in die Midgard-omgewing gereën het. By Bergheim, 10 km suid van Windhoek, het dit 25 mm gereën.
In die Noorde het Otjiwarongo gisteroggend nóg ’n goeie bui reën gehad en volgens inwoners het dit toe reeds vanaf 02:00 gereën. Later in die dag het Nicolien Lemmer gesê sy het 15 mm reën op die dorp gemeet.
Dit het Maandagnag 25 mm by die Olushandjadam in die Omusatistreek gereën, terwyl Debora Brits gesê het Otavi het 20 mm reën gehad. In Katima Mulilo was die strate onder water. Barrine Blom het reënfoto’s geplaas van ’n waternatpad na Tsumkwe.
Olaf Brell het gesê dit het tussen 2 mm en 10 mm op Wilhelmstal gereën, terwyl 'n boer in die Kalkfeld-omgewing gesê het hulle het tussen 5 mm en 12 mm gehad. Volgens gerugte het Mariental op Sondag sowat 9 mm reën ontvang, terwyl die Keetmanshoop-omgewing Maandag tussen 22 mm en 28 mm reën ontvang het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie