Nog water vir Hardap en ses ander
Nog water vir Hardap en ses ander

Nog water vir Hardap en ses ander

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Ses nasionale damme ontvang steeds water, met ‘n sewende een wat gister om 16:00 óók nog water gekry het.
Volgens NamWater se jongste damverslag het die Hardapdam vanoggend om 08:00 steeds 74,3 m³ water per sekonde ontvang. Dit was toe reeds 23,1% vol, teenoor gisteroggend se 20,6%.

Al die water wat die Hardapdam sedert Maandag 17 Februarie tot vanoggend gekry het (48,864 Mm³), sou die Von Bachdam, met sy kapasiteit van 47,525 Mm³, laat oorloop het.

Die Von Bachdam is tans 82,6% vol en het vanoggend om 07:00 nog 1,1 m³ water per sekonde ontvang.
Die Swakoppoortdam ontvang ook 8,8 m³ water per sekonde en is tans 36,1% vol, terwyl die Omatakodam 19,9 m³ per sekonde ontvang en sedert gister met ‘n verdere 4% tot op 37% gestyg het.

Water vanaf laasgenoemde dam is ook na die Von Bachdam oorgeplaas.

Die ooste se Otjiverodam se vlak het gister van 08:00 tot 16:00 van 11,3% na 11,5% gestyg, terwyl die Oanob oornag met 0,2% gestyg het en nou 52,8% vol is.

Die Nautedam ontvang ook nog water teen 2,1 m³ per sekonde en is tans 80,7% vol.

Intussen het die Namibië Hidrologiese Dienste gewaarsku dat gemeenskappe wat langs riviere in die binneland woon, bedag op moontlike vloede moet wees en stappe teen oorstroming moet neem.

“Die meeste binnelandse riviere is in vloed ná goeie reënneerslae voorgekom het. Dit sluit die Omatako-, Swakop-, Omaruru-, Kuiseb- en Visrivier in,” is in die verslag gesê, wat deur Paulina Mufeti, hoof van hidrologie by die Hidrologiese Dienste uitgereik is.

“Die Okavangorivier se vlak styg steeds vinnig - veral by Nkurenkuru waar dit oornag van 4,54 m diep op Sondag na 5,66 m Maandagoggend gestyg het. By Rundu is dié rivier tans ook sterker in vloed as wat normaal is vir hierdie tyd van die jaar. Maandagoggend was dit 7,06 m diep.

Namibië Hidrologiese Dienste meen gebeurlikheidsbeplanning teen oorstromings moet in die Kavango-Wes en Oosstreke begin, terwyl gemeenskappe wat in gebiede woon wat tot vloede geneig is, voorsorg teen vloede moet tref.

Volgens Maandag se vloedverslag is die Zambezirivier by Katima Mulilo steeds laer as wat normaal is vir hierdie tyd van die jaar, maar tog steeds stygend. Gisteroggend was dit 2,08 m diep.

Watervloei by Ruacana het ook sterk afgeneem en was Maandagoggend 983,10 m³ per sekonde.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!