Nommer ’seblief
Gisteroggend gaap iemand moeggerig die sesuurnuus op een van Namibië se bekende radiostasies uit. Ek luister ook maar na haar, want wat sal ek nou daai tyd van die oggend anders doen?
Sy het wel voor die nuus aan haar medeaanbieder gesê sy het op pad na hul uitsaaisuite besef hier in Windhoek moet ongelooflike fikse en flukse mense wees.
Dit draf, stap en ry fiets vir ’n vale, en daarvoor sien ek nie kans nie.
Van die mense wat so doenig buite in die strate is, is natuurlik hoogs onder verdenking met hul aktiwiteite.
Sou hulle dalk iewers verslaap het en moet nou vinnig weer by hul permanente woonadres aanmeld voor die res van die huishouding uit hul drome en nagmerries ontwaak?
Die jare wat ek drieuur in die oggend opgestaan het om vir ’n uur-en-’n-half te gaan fietsry, is genadiglik iets van die verlede. Ek meen, wie wil nou fiks doodgaan? Sê nou maar net ek word 80 of 90 jaar oud, hoe de joos is ’n outoppie wat so ver in sy jare gevorder het, fiks?
Ek sien al hoe doen ek daar in my kamer in die ouetehuis ’n bench press of twee met my kierie en kap dit uit met ’n bicep curl of twee om die tante twee deure verder in die gang af te beïndruk. Dalk kan ek op my bed sit en my ryding se een wiel astrant vir vyf minute met my een hand laat tol, terwyl ek met die ander hand sorgvuldig my pille vir die dag uittel.
Wag, ek dwaal van die sesuurnuus af.
’n Slimmerige ou van Nigerië, wat ons Onafhanklikheidsdag-vieringe wil kom besigtig, kry ook ’n spreukbeurt. Volgens hom is Namibië “piesvoel en trenkwil”, en ek is geneig om saam met hom te stem.
Ek onthou die jare toe misdaad net in ’n woordeboek bestaan het. My ouers het in die Namib geboer en ons dorpshuis op Maltahöhe het dikwels weke lank toegestaan sonder dat enige ongerymdhede sou plaasvind.
Daar was nie diefwering of veiligheidshekke nie. Die voordeur was al ’n paar keer ongesluit vergeet sonder dat iemand by die oop tuinhekkie sou instap om nadere ondersoek na dié onbewoonde huis se inhoud te doen.
Enie wy, dis nou tot een nag wat ’n kêrel toegang tot ons dorpshuis en pa Ponie se whisky gekry het. Hy moes maar sy dop met warm kraanwater drink, want elektrisiteit het ons ou dorpie nie gehad nie, en die parafienyskas is net op-gestart as pa-hulle dorp toe gekom het.
Met sy persoonlikheid en intellek wat die whisky tot ’n heel nuwe vlak geneem het, het die inbreker besluit om ’n paar oproepe te maak. Soos dit maar oral op die platteland die geval was, het Maltahöhe ook ’n handsentrale gehad met net een oom wat toe al jare lank die nagdiens waargeneem het.
Op Maltahöhe het almal vir almal geken. ’n Man kon nie eens skelm ’n pakkie tienleksientins gaan koop nie, want almal het geweet wie jou ma en pa is. Ons moes maar ons bruin maters stuur om die nodige sigaretaankope te gaan doen, waarná ons lekker onder die brug by die spruitjie of by die Huduprivier kon gaan sit en puff aan die twakkerigheid.
Enie wy, toe die kêrel na die sentrale deurkom, wil die oom natuurlik die nommer weet waarheen die besope vent deurgesit wil wees. Oom Chris kon nie kop of stert van die man se Babelse gebrabbel en gebroke taal uitmaak nie en het natuurlik onmiddellik geweet daar is fout. Nadat hy die plaaslike bewakers wreed uit hul drome versteur het, is ta al duttente op een van die beddens aangetref en na die selle geneem om daar van die res van sy roes ontslae te raak.
Of hy later oor sy misstap getierelier het, sal ek nou nie weet nie. Maar oom Chris vertel later dat dié inbreker se telefoniese gesprek met hom pure koeterwals was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie