Noord-Korea sit sy planne vir eers op ys
Kim Jong-oen, Noord-Korea se leier, het sy besluit oor 'n moontlike missielaanval op Guam uitgestel, terwyl hy wag om te sien wat Amerika gaan doen, het Noord-Korea se staatsmedia gister berig.
Pres. Moon Jae-in van Suid-Korea het gister gesê daar sal geen militêre optrede plaasvind sonder Seoul se toestemming nie en sy regering sal alles in sy vermoë doen om 'n oorlog te verhoed.
In sy eerste openbare verskyning in sowat twee weke, het Kim Maandag die bevelstruktuur van sy weermag besoek en sy plan bestudeer om vier missiele naby die Amerikaanse Stille Oseaaneiland Guam af te vuur, sê die amptelike Korean Central News Agency (KCNA).
“Hy sê dat as die Yankees aanhou met hulle uiters gevaarlike roekelose aksies op die Koreaanse skiereiland en die omliggende gebied om die selfbeheersing van die DPRK (Democratic People's Republic of Korea) te toets, sal laasgenoemde 'n belangrike besluit neem,” lui die berig.
Pyongyang se planne om missiele op Guam af te vuur het verlede week groot spanning in die streek veroorsaak, en pres. Donald Trump van Amerika sê sy land se weermag is “slaggereed” sou Noord-Korea oorlog verklaar.
“Militêre optrede op die Koreaanse skiereiland kan net deur Suid-Korea bepaal word en niemand anders nie,” het Moon in 'n toespraak gesê tydens die herdenking van die land se bevryding uit Japan se militêre bewind in 1945.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie