Noord-Korea vuur ballistiese missiele af
Noord-Korea vuur ballistiese missiele af

Noord-Korea vuur ballistiese missiele af

Magsvertoon val saam met G20-beraad
Estelle de Bruyn
Noord-Korea het gister drie middelafstand-missiele afgevuur, wat ongeveer 1 000 kilometer getrek en naby Japan geland het. Dit word beskou as ’n magsvertoon wat met die ekonomiese spitsberaad van die Groep van 20 (G20) in China saamval.
Noord-Korea het die afgelope tyd ’n reeks missieltoetse uitgevoer, wat op die ou einde daarop gemik is om langafstand-kernmissiele te ontwikkel wat in staat is om Amerika te bereik.
Sulke toetse is redelik algemeen, veral met die internasionale aandag op Noordoos-Asië waar die G20-spitsberaad plaasvind. China is Noord-Korea se enigste belangrike bondgenoot, maar betrekkinge tussen die buurlande is gespanne midde ’n reeks Noord-Koreaanse kern- en missieltoetse, wat deur baie as uitlokking beskou word.
Suid-Korea se gesamentlike stafhoofde sê die drie ballistiese missiele, waarskynlik almal Rodongs, is uit die dorp Hwangju in Noord-Korea afgevuur, voordat dit in die see neergeplons het.
Hulle het die lanserings as “gewapende protes” bestempel wat daarop gemik is om Noord-Korea se militêre vermoë tydens die byeenkoms van die G-20 te demonstreer, dae voor die Noord-Koreaanse regering se 68ste herdenking.
Die drie missiele wat gister afgevuur is, het geval binne Japan se eksklusiewe ekonomiese sone, die 200 seemyl aflandige gebied waar ’n nasie soewereine regte vir ontginning en benutting van hulpbronne het, het die ministerie van verdediging in Tokio gesê.
Die Japanse kabinetsekretaris, Yoshihide Suga, het die lanserings as “’n ernstige bedreiging” vir Japan se veiligheid bestempel en gesê Tokio het via Japan se ambassade in Beijing by Noord-Korea beswaar gemaak. - Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!