Noorde kombineer ook vir jeugfees
Hashtag-fees
Prosperity Health borg die Oshana Patriots vir die #Festival wat vanaf 7 tot 9 September in Windhoek plaasvind. Die Oshana Patriots is een van nege deelnemende franchises.
Die Patriots se koördinerende skool is Erundu Gekombineerde Skool van Oshakati. Die ander skole in die franchise is Gabriel Taapopi Senior Sekondêre Skool, Ekwafo Junior Sekondêre Skool, Mweshipandeka Senior Sekondêre Skool (al drie van Ongwediva) en Noordgrens Sekondêre Skool van Rundu.
Elkeen van die franchise-spanne is uit meer as een skool saamgestel en op Saterdag 9 September is dit die hoogtepunt van die geleentheid wanneer die kinders mekaar op die sportveld pak. Spanne sal die kans kry om mekaar die stryd aan te sê in Super-sewesrugby, Fast 5 netbal, Quick 5 sokker, High 5 hokkie, strandvlugbal vir spanne van vier, 40 meter naellope op gras en tennis waar geen van die normale reëls geld nie.
'n Musiekfees vind ook ter afsluiting plaas en almal wat leef en beef is welkom om die dag saam met vriende, familie en kinders te bestee.
Kinders wat in skooluniform opdaag, sal kosteloos kan ingaan.
Die #Festival se doelwit is nie net om sport onder die jeug te bevorder nie.
Die Donderdag en Vrydag vind 'n loopbaanskou plaas. By hierdie eenstop-inligtingsbron kan ouers en hul kinders eerstehandse raad oor loopbaanrigtings en -geleenthede inwin.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie