Nou vir dade by die woorde
Uiteindelik het die ministerie van die omgewing en toerisme ingegryp by die grootskaalse oes van beskermde, inheemse boomspesies in die Zambezi, Kavango-Oos- en Kavango-Wes-streke.
Dit bly ‘n ope vraag hoekom die optrede so lank geneem het. Beriggewing hieroor duur al minstens ‘n jaar en ‘n half voort en die Namibiese Kamer van die Omgewing eis al vir 15 maande antwoorde – sonder enige sukses. ‘n Ondersoek na die saak kon kwalik so lank geduur het? Ook sou dit beter gewees het as die ministerie van landbou, water en bosbou as owerheid in beheer eerste was om in te spring.
Tog moet minister Pohamba Shifeta krediet kry vir die besluit om alle oespermitte tydelik terug te trek en die vervoer van geoeste hout te staak. Klaringsertifikate sal nou eers deur die omgewingskommissaris toegestaan moet word.
Wanneer die kraaines ontrafel is, moet eerlik verslag gedoen word oor skade wat moontlik reeds aan die omgewing en die skaars bronne aangerig is. En die publiek mag nie nog ‘n jaar en half of langer vir die feite wag nie.
Die kwessie dui ook op groter, verlammende probleme. Een hiervan is gebrekkige samewerking tussen belanghebbende ministeries en owerhede. Gebrekkige kennis en toepassing van die wet kan ander grondoorsake wees.
As dit moedswillige wetsoortreding behels, moet vervolging geskied. Maar Namibië is soms al te gewillig om te vergewe – ‘n toeskietlikheid wat nie die regte boodskap uitstuur of oortreders en uitbuiters sal afskrik nie.
So sê ander
26 November 2018
Volksblad sê
Die besluit van die Universiteit van die Vrystaat ?om die standbeeld van pres. M.T. Steyn weg van die kampus heen te skuif was te wagte.
Met geweld en die vandaliseer van pres. C.R. Swart se beeld op die UV-kampus, asook die landwye Rhodes Must Fall-betogings vars in die geheue, sou dit Madiba-moed geverg het om ’n besluit anders as een in die naam van transformasie te neem.
Ten beste is die steriele besluit dan reg weens die verkeerde redes. Beginselgewys word vryheid van uitdrukking en erkenning van die korrekte geskiedenis, selfs al pas dit nie almal nie, misken.
Die historiese ironie is dat dit juis Steyn se visie oor hoër onderwys was wat gelei het tot die vestiging van ’n instelling wat oor geslagte heen – en steeds – akademiese gehalteonderrig lewer.
Maar as die gesprekke oor die Steyn-beeld nie gepolariseerde groepe nader aan mekaar bring en tot heling lei nie, was dit tevergeefs.
Met sy ordelike en geweldlose proses baan die UV ’n weg vir instansies landwyd.
• VOLKSBLAD (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie