Nouer verbintenisse deur dans
Nouer verbintenisse deur dans

Nouer verbintenisse deur dans

Gerine Hoff
Connect Dance het groter dinge bereik as wat enige van hulle verwag het.
Daarmee saam het ’n droom om mense op te lei wat ’n passie het vir dans en Jesus, vir me. Jenneke Koch-Barzilay waar geword.
Koch-Barzillay en twee van haar vriendinne het in 2012 besluit om ’n dansgroep op die tuindorp te begin omdat hulle deur dans ’n konneksie met God maak. Hulle passie vir dans het ook tussen hulle ’n nouer vriendskapsband gesmee.
“Ons het die naam ‘Connect’ gekies omdat ons deur dans ’n verbinding met God wil maak,” sê Koch-Barzillay.
Die doel van die dansgroep was om ? boodskap oor God uit te dra omdat hulle graag wil hê dat die publiek die Here ervaar en self ’n verbintenis met Hom kry.
Die mense van die dorp het gesien hoe die drie vroue dans en almal wou weet of hulle ook opgelei kon word. Verlede jaar is toe met danslesse met tien studente begin. Vandag spog die skool met meer as 50 studente in verskeie ouderdomsgroepe.
Die dansskool bied meer as ses klasse aan wat wissel van moderne danse tot tradisionele Afrika-danse.
Omdat Connect nie op winsbejag ingestel is nie, vra hulle net ’n klein tarief vir die lesse. Die geld wat hulle ontvang, word in die dansskool teruggeploeg terwyl die res word vir enige ander uitgawe gebruik word wat met opleiding en vertonings gepaard gaan.
“Ons wil hê ons dansklasse moet vir almal toeganklik wees,” het Koch-Barzillay gesê.
Vir meer inligting oor Connect of om by die dansskool aan te sluit, skakel vir Koch-Barzilay by 081 246 5487, vir Mari du Rand by 081 842 7893 of besoek die groep se Facebook-blad.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!