Nowitsjok-gif was glo in parfuumbottel
Nowitsjok-gif was glo in parfuumbottel

Nowitsjok-gif was glo in parfuumbottel

Sanet de Waal
Die gif nowitsjok, waarmee twee Britte in die suide van Engeland vergiftig is, was glo in ’n parfuumbottel.

Charlie Rowley (45) en Dawn Sturgess (44) het die bottel glo onder plante in ’n park in Amesbury naby Salisbury gevind.

The Telegraph berig dat Rowley, wat in kritieke toestand in die hospitaal opgeneem is, glo aan sy broer, Matthew, gesê het dat hulle die parfuumbottel opgetel het.

Sturgess, ’n ma van drie, het sowat ’n week nadat hulle vergiftig is, gesterf. Rowley is steeds in die hospitaal en Reuters berig dat sy toestand tans stabiel is.

Hy kan glo weer vaste kos eet.

Rowley en Sturgess is op 30 Junie bewusteloos in hul woonstel gevind.

Volgens The Independent het die plaaslike polisie vroeër gesê ’n klein botteltjie wat met die gif besmet is, is in die hul woonstel gevind. Hulle het nie bevestig of dit wel ’n parfuumbottel is nie.

Daily Mail berig owerhede probeer vasstel of dié gif dieselfde oorsprong het as die nowitsjok waarmee die oudspioen Sergei Skripal en sy dogter, Joelia, in Maart vergiftig is. Albei het die aanval oorleef.

Matthew Rowley het aan die BBC gesê hy is ontsteld oor sy broer se toestand. Hulle het ’n kort telefoniese gesprek gehad en hy klink glad nie soos die broer wat hy ken nie.

Intussen het die owerhede die publiek aangeraai om nie enige vreemde voorwerpe op te tel nie, want dit is nie seker of daar nog van die gif in die omgewing is nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!