NR pak dokument-tameletjie
NR pak dokument-tameletjie

NR pak dokument-tameletjie

Uitdagings wat veral in ver­afgeleë landelike gebiede ondervind word om nasio­nale dokumente te bekom, word deur die Nasionale Raad ondersoek.
Die Nasionale Raad (NR) se portefeuljekomitee belas met veiligheid, grondwetlike en regsaangeleenthede sal in verskillende streke van die land met gemeenskappe beraadslaag oor die uitdagings wat hulle met die registrasie vir en verkryging van nasionale dokumente ondervind.

Dié vergaderings volg op 'n onder­soek na die vordering met die uitreiking van nasionale ­dokumente aan mense wat uit Bo­­tswana gerepatrieer is.

Die raadplegende vergaderings spruit, volgens 'n verklaring deur die NR, uit verskeie media­berigte oor die probleme wat mense in afgeleë gebiede ondervind om ­nasionale dokumente soos geboorte-, dood- en huweliksertifikate, asook identiteitsdokumente te bekom.

Hierdie toedrag van sake het verskeie mense van toegang tot noodsaaklike dienste en voordele soos maatskaplike toelae, gesondheidsorg en onderwys ontneem.

Die streeksbesoeke sal in twee fases plaasvind. Die eerste begin op 20 Oktober en duur tot 27 November.

Op 20 Oktober om 12:00 het die eerste raadplegende vergadering in die Aroab-kiesafdeling in die //Kharasstreek plaasgevind.

Op 21 Oktober het die komitee in Karasburg-Wes se kies­afdeling­kantoor vergader.

Vandag sal die komitee om 11:00 in Eiseb Blok 10 in die Omaheke­streek byeenkom. Epikuro Pos 3 kom op 25 Oktober om 14:00 aan die beurt.

Die verrigtinge verskuif op Vrydag 27 Oktober na die Gam Blok in die Otjozondjupastreek waar die vergadering om 12:00 sal plaasvind.

Maandag 30 Oktober om 10:30 kom Mungomba in Kavango-Wes aan die beurt, gevolg deur Mpungu op 31 Oktober om 10:30.

Op 1 November word 'n raadplegende vergadering om 10:00 in die Mashare-kiesafdeling gehou.

Die vergadering met die ­Mukwe-kiesafdeling in die Zambezistreek vind op 3 November om 10:00 plaas. Dieselfde dag om 14:00 sal die Masubia- en Mafwe- tradisionele owerhede geraadpleeg word.

Op Maandag 6 November om 09:00 kom die Sangwali- en Mashi- tradisionele owerhede aan die beurt.

Die NR se komitee sal op Woensdag 8 November om 10:30 en 14:00 onderskeidelik op Omauni en Omfimba in die Ohangwenastreek met inwoners beraadslaag.

Op 19 November om 10:30 word die Ombudia-area besoek en op Maandag 20 November om 11:00 Amarika.

Dinsdag 21 November reis die NV-komitee na Ruacana waar 'n vergadering om 10:30 gehou word en op 23 November om 11:00 word daar in Opuwo vergader, op 24 November om 11:00 op Okangwati, op Saterdag 25 November om 10:00 op Sesfontein en op Maandag 27 November op Kamanjab.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!