NSFAF betaal weer nu00e1 stelselfout
NSFAF betaal weer nu00e1 stelselfout

NSFAF betaal weer ná stelselfout

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese studente het 'n beroep op voormalige begunstigdes gedoen om hul studielenings terug te betaal.
Augetto Graig
Augetto Graig – Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het bekend gemaak dat uitbetalings vir lenings aan studente weer Donderdag hervat is.

“Ons word oorval met navrae in verband met uitbetalings van beide klasgeld en nie-klasgelde. Let asseblief daarop betalings is nie gestaak nie, maar 'n stelselfout het veroorsaak dat geen betalings sedert Vrydag 13 Augustus verwerk is nie,” luidens hul vrystelling.

Volgens die NSFAF is die probleem uitgestryk en sou meer as 1 000 studente vanaf verlede week hul geld ontvang het.

Uitbetalings sal volgens die fonds voortduur tot alle studente wat vir vanjaar se akademiese jaar goedgekeur is, hul geld ontvang het.

“Ons is bewus van die kwessie van vierdejaarstudente wat nie aanvanklik N$5 000 ontvang het soos ander studente wat verder studeer nie. Neem asseblief kennis die verwerking van jul uitbetalings geniet voorkeur.”

Die NSFAF moedig ook nuwe studente vir 2021 aan om hul kontrakte af te laai, te teken en weer op te laai. Betalings aan nuwe studente sal begin sodra hul kon­trakte geteken is, hul nuwe bankkaarte ontvang het, en die NSFAF fakture vanaf hul hoëronderwysinstansies ontvang het.

Intussen het die NSFAF se woordvoerder, mnr. Olavi Hamwele, gesê uit sowat 95 000 lenings waarvoor die fonds terugbetalings kan eis, het slegs 615 ­voormalige studente tans hul lenings terugbetaal.

Volgens Hamwele het die fonds in die verlede dit moeilik gevind om begunstigdes op te spoor weens die ou stelsel waar ­besonderhede met die hand opgeteken is. Die fonds het sedertdien 'n elektroniese inligtingstelsel geïnstalleer en begunstigdes kan nou met die druk van 'n knoppie opgespoor word, sê hy. Die NSFAF het ook 'n interne ­geldinvorderingstelsel in plek.

Sommige begunstigdes sê steeds sekere studente se lêers het van die NSFAF se stelsel verdwyn en dit is onregverdig dat die ander die lenings moet terugbetaal.

Studenteleiers het ook voorheen 'n beroep gedoen dat alle skuld aan die NSFAF afgeskryf word.

Van die 23 000 studente wat in 2021 by die NSFAF vir lenings aansoek gedoen het, is slegs 16 000 goedgekeur.

Vanjaar het die NSFAF N$1,2 miljard van die regering ontvang, teenoor N$1,5 miljard in 2020.

 - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!