NTY2017 reik wes en suid uit
Die soektog na Namibië se volgende dorp van die jaar loop oop.
Maandag en gister het Namibia Media Holdings (NMH) en vennote munisipaliteite en sakelui op onderskeidelik Karibib en Swakopmund ontmoet om aanvoerwerk vir die 2017-kompetisie te doen.
Dié twee vergaderings is ook bygewoon deur afgevaardigdes van Omaruru, Usakos, Hentiesbaai, Walvisbaai en Arandis.
Terselfdertyd besoek ’n span van Republikein bestaande uit Tanja Bause, joernalis, en Sheena Schwartz, bemarker, hierdie week Suidedorpe. Hierdie NTY2017-span het gister op Karasburg gekuier en is vandag op Keetmanshoop, môre op Mariental en Vrydag op Rehoboth.
’n Ontbyt met die plaaslike owerhede en sakelui van sekere Suidedorpe vind môre op Mariental plaas.
Besoek Namibia Tourism Expo op Facebook om meer foto’s te sien.
NMH se vennote vir NTY2017 is Nedbank, Coca-Cola, die African Leadership Institute (ALI), Pupkewitz Nissan, Vivo Energy/Shell en Kanaal 7.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie