Nudo herroep voormalige leiers uit NV
Nudo herroep voormalige leiers uit NV

Nudo herroep voormalige leiers uit NV

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Die nuwe president van Nudo, me. Ester Muinjangue, het die speaker van die Nasionale Vergadering (NV), dr. Peter Katjavivi, Donderdag in kennis gestel dat die party twee van sy lede in die parlement herroep.

Hulle is mnr. Asser Mbai, die voormalige president, wie se kop verlede naweek tydens die party se kongres gerol het, en mnr. Meundju Jahanika, die voormalige sekretaris-generaal.

Laasgenoemde is deur mnr. Josef Kauan­denge vervang.

Dié besluit, sê Muinjangue, is tydens die eerste vergadering van die party se nuwe nasionale uitvoerende komitee geneem.

Volgens haar sal die party Katjavivi binnekort in kennis stel van wie hul posisies as parlementariërs sal oorneem.

Die nuwe leiers van die party is met 'n oorweldigende meerderheid van 410 stemme uit die 540 afgevaardigdes by die kongres verkies.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!