Nuut op die rak
Stropers se moses
Die berugte stroperskip Thunder het meer as tien jaar lank miljoene dollar uit bedreigde spesies gemaak, die seelewe vernietig én daarmee weggekom – totdat kapt. Peter Hammarstedt en die bemanning van die Bob Barker in Desember 2014 die misdadige gespuis oor drie oseane – ook in Suid-Afrikaanse waters – agternagesit en uiteindelik vasgetrek het. In Catching the Thunder: The Race to Save our Oceans from Poachers and Criminal Kingpins vertel twee bekroonde Noorweegse joernaliste die naelbytverhaal van ’n internasionale stroperynetwerk wat aan die kaak gestel is.
Die boek is deur Tafelberg uitgegee en kos R285 by boekwinkels.
Wekroep oor water
Suid-Afrika is ’n waterarm land waar die inwoners dringend hul denke oor en verhouding met dié kosbare hulpbron moet verander. Die skrywer-redakteur, akademikus en deesdae ook wateraktivis Helen Moffett deel in ’n bestek van 112 bladsye altesame 101 slim praktiese waterbesparingswenke wat élke Suid-Afrikaner behoort te lees en toe te pas – beslis nie net die mense in die drie provinsies wat amptelik tot rampgebied verklaar is nie. Die boek is uitgegee deur Bookstorm en kos R130.
Raad vir praat
Om ’n openbare toespraak te skryf én te lewer, laat die meeste sterflinge sidder, maar die praktiese riglyne in die tweede uitgawe van Daan Prinsloo se Die toespraak – vir die spreker en die toespraakskrywer beloof om jou te help om dié taak sonder ’n padda in die keel of ’n bewerasie in die broek agter die rug te kry – of jy nou ’n leerling, student, onderwyser, predikant of sakeman is.
Die boek kos R220 by boekhandelaars en is uitgegee deur Protea Boekhuis. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie