Nuwe begin vir Joey by Bulle ná hofdrama in Oz
Rugby
Brenden Nel – Met die lang wag om weer op topvlak te kan afrig byna verby, is Joey Mongalo so opgewonde soos ’n kind voor Kersfees.
Hy kan nie wag om saam met die voormalige Springbok-breier Jake White by die Bulle in te val nie. Hy is onlangs as White se verdedigingsafrigter aangestel.
Mongalo sien uit daarna om sy loopbaan weer op koers te kry. Dat hy twee jaar gelede in ’n hof in Australië op ’n kriminele klag moes verskyn, is ook nou iets van die verlede nadat Mongalo die saak op appèl gewen het.
Voor daardie baie ongure episode, was sy loopbaan op ’n opwaartse kurwe – iets wat hy wil voortsit.
“Dit is meer as ’n tweede kans, dit voel soos ’n nuwe begin,” glimlag Mongalo oor sy nuwe rol.
Hy is dankbaar vir White se geloof in hom en dat hy terug kan wees op Loftus, waar hy op sy dag as skrumskakel gespeel het.
“Die nuwe rol voel vernuwend. En met ’n ou soos Russell (Winter) ook daar, help dit baie. Ons het al voorheen saamgewerk, toe ek ook in Pretoria gewoon en gewerk het, so dit alles help om dinge gemaklik te maak.
“Ouens soos Nollis (Marais) en Pine (Pienaar) het my ook met ope arms verwelkom.”
Die spelers by Loftus is ook opgewonde en almal is gretig om weer te begin speel.
Hulle is op die oomblik soos resiesperde. ’n Mens moet hulle net terughou. Hulle het so ses maande gelede laas gespeel.
“Hulle is op die oomblik soos resiesperde. ’n Mens moet hulle net terughou. Hulle het so ses maande gelede laas gespeel.
“Dit is nou belangrik om die balans te vind tussen wil speel en reg wees om te kan speel.”
Mongalo sê die Bulle het heeltemal verander.
“Dit is ’n heeltemal nuwe begin vir almal op Loftus. Van Edgar (Rathbone), die uitvoerende hoof, tot Jake wat nou afrig, en ’n klomp nuwe spelers.
“Die goeie ding is dat elkeen duidelik weet wat sy rol is, en dit maak die verandering makliker. Om te verander, is nooit maklik nie, maar wanneer die verandering goed verduidelik word, en elkeen weet wat sy rol is, is dit makliker.”
Met die ander lande in die Suidelike Halfrond wat al rugby begin speel het, is dit duidelik dat opskietverdediging steeds groot waarde het. Mongalo glo die nuwe reëls sal spanne bevoordeel wat dit suksesvol toepas.
“Daar sal altyd plek vir opskietverdediging wees.
“Die Springbokke het tog gewys jy kan ’n Wêreldbeker wen daarmee en die Hurricanes is ewe goed daarmee. Saracens is nog ’n span wat dit goed doen.
“Die nuwe reëls is van so ’n aard dat ’n span in die moeilikheid is as jy hulle agter die voordeellyn kan vang. Dit gebeur veral omdat die skeidsregters beklemtoon dat jy deur die hek moet kom. As jy jou opponente agter die voordeellyn vang, kom die speler wat skoonmaak by die afbreekpunt telkens van die kant af in. Hulle kon voorheen daarmee wegkom, maar nou word sulke spel gestraf.” – Netwerk24, Rapport
FOTO
Joey Mongalo op Loftus se oefenveld. Foto Blou Bulle

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie