Nuwe belstelsel vir gevangenes
Nuwe belstelsel vir gevangenes

Nuwe belstelsel vir gevangenes

Tanja Bause
Tanja Bause - Namibiese gevangenes sal binnekort makliker met vriende en familie in verbinding kan bly.

Namibië se korrektiewe dienste, in samewerking met Telio, ’n Duitse telekommunikasiemaatskappy, en CSS Tactical Solutions, ’n Namibiese maatskappy, gaan binnekort ’n telefoonstelsel by gevangenisse installeer sodat oortreders vriende en familie kan kontak.

Volgens komm.genl Raphael Hamunyela is moeite met beleide en administrasie gedoen om te verseker oortreders het toegang tot voorafbetaalde, gekontroleerde telefoniese kommunikasie.

“Die telefoonstelsel sal gevangenes se frustrasie verminder omdat hulle nou in kontak met hul familie kan wees,” sê hy.

Mnr. Daniel Kashikola, adjunkminister van veiligheid en sekuriteit, het gesê dié stap is deel van die ministerie se strategie om die smokkel van selfone na gevangenes te verminder.

“Dit sal die regering se telefoonrekening weens gevangenes se oproepe verlaag, en dit bied hulle die geleentheid om in kontak met geliefdes te bly. Vriende en familie speel ’n belangrike rol in die rehabilitering van gevangenes,” het Kashikola gesê.

Volgens Hamunyela word die stelsel aanvanklik eers by die Windhoek Sentrale Gevangenis geïnstalleer en sal dit later by al 13 korrektiewe fasiliteite landswyd beskikbaar wees.

Dieselfde stelsel word tans in 151 gevangenisse in 18 lande gebruik.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!