Nuwe beurs binne weke op dreef
Nuwe beurs binne weke op dreef

Nuwe beurs binne weke op dreef

Jo-Mare Duddy Booysen
Hanlie Stadler - Die laaste appèl teen die beoogde nuwe aandelebeurs ZAR X is van die hand gewys.

Die Raad op Finansiële Dienste (RFD) se appèlraad het Donderdag die gesamentlike besware van die JSE en 4AX, nóg ’n voorgenome nuwe aandelebeurs, teen ZAR X se lisensie-aansoek met koste van die hand gewys.

ZAR X se lisensie is op 31 Augustus 2016 toegestaan en die beurs sou in September met sy bedrywighede begin. Dis egter uitgestel tot nadat al die besware uit die weg geruim is.

ZAR X, wat onder meer maatskappye wil noteer wat voorheen hul aandele oor die toonbank verhandel het, asook bemagtigingskemas, besing die beslissing as die koms van die “era van finansiële inklusiwiteit”.

Die nuwe beurs belowe dat noteringskoste vir maatskappye laer gaan wees en dat gewone mense makliker daarop sal kan belê.

Die JSE het aanvanklik ook die lisensie wat aan 4AX toegestaan is, betwis, maar die twee maatskappye het uiteindelik probeer saamstaan teen ZAR X se lisensie.

Geoff Cook, ’n direkteur van ZAR X, beskryf die teenstand teen hul lisensie as “beuselagtig” en ’n poging om mededinging te smoor. Die maatskappy het die Mededingingskommissie versoek om ondersoek in te stel daarna of die JSE sy posisie as markleier misbruik het, wat ingevolge art. 8 van die Mededingingswet onwettig is.

ZAR X se eerste notering sal “voor einde Februarie” plaasvind en dan sal ander vinnig volg. Geen maatskappyname is bekend gemaak nie, maar voorheen is berig Senwes sal die eerste notering op die nuwe beurs wees.

ZAR X gaan nie hoëfrekwensie-verhandeling (spekulasie), afgeleide instrumente of naakte kortverkope toelaat nie. Kortverkope (short selling), wat wettig is, is as jy aandele verkoop wat jy by die eienaar “geleen” het. Naakte kortverkope is as jy aandele verkoop wat jy nie self besit óf leen nie; jy kan dit dus nie lewer nie.

Al bogenoemde het die uitwerking dat dit aandeelpryse beïnvloed.

ZAR X sê hy wil ’n spaar- en beleggingskultuur onder Suid-Afrikaners bou deur koste te verlaag en dit moontlik te maak om met klein bedrae te belê. Vir ’n regstreekse aandelebelegging op die JSE het jy minstens R20 000 nodig.

Etienne Nel is die uitvoerende hoof van die nuwe beurs. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!