Nuwe blaadjie vir Psemas
Estelle de Bruyn
Onder die ou bedeling het kontrakte tussen mediese diensverskaffers en die staat se mediese fonds (Psemas) skuiwergate vir bedrog en misbruik gehad, wat nou hopelik vir altyd ingevolge nuwe kontrakte uit die weg geruim sal wees.
Dit bly egter ‘n ope vraag hoekom so lank voete gesleep is om die skuiwergate toe te maak en hoekom bedrieërs vir soveel jare toegelaat is om die spreekwoordelike gans wat die goue eiers vir baie mediese diensverskaffers gelê het, so uit te buit.
Verskeie ondersoeke in die verlede het reeds op vergrype gedui, maar niks is daaraan gedoen nie.
Met die huidige ekonomiese krisis, moes mediese diensverskaffers maande wag voordat die regering die mediese fonds uit die moeilikheid gehelp het en rekeninge vereffen het.
Dit is byna asof die staldeure toegemaak is nadat die perde reeds ontsnap het.
Mens moet seker sê liewer laat as nooit. Dit bly egter ‘n ope vraag tot hoe ‘n mate diegene wat Psemas uitgebuit en op bedrieglike wyse eise ingedien het, vervolg sal word, watter strafmaatreëls ingestel sal word en of van hulle vereis sal word om geld wat hulle nie toekom nie, terug te betaal.
Onderhandelinge oor die nuwe kontrak duur nog voort en hopelik kan struikelblokke wat gehalte dienslewering belemmer, uit die weg geruim word, alvorens op die finale kontrak ooreengekom word.
’n Kwessie wat groot kommer wek, is die inperking van locums wat instaan vir medici wat met vakansie gaan en steeds sy diens aan die gemeenskap wil volhou. Veral op die platteland waar ’n enkele praktyk die dorp én omliggende gemeenskap dien, kan dit groot ontwrigting veroorsaak en inwoners sonder mediese dienste laat, sou die dokter tydens sy jaarlikse vakansie noodgedwonge sy deure tydelik moet sluit.
Die hoop bestaan egter dat kopsere oor dié kontrak vandeesweek om die ronde tafel tussen alle rolspelers tot voordeel van alle betrokke partye sinvol verdryf sal kan word.
So sê ander:
3 October 2017
Las Vegas Review-Journal
The face of unmitigated evil on the Las Vegas Strip
What brings a human being to such depths of inhumanity that he is driven to snuff out the lives of dozens of innocent, random strangers?
What does it say about the health of a society that today produces such unmitigated evil on a seemingly regular basis?
The heroism on display Sunday night is a testament to the resilience, virtue and decency embedded in the great majority of us all.
There will be plenty of opportunity for the finger-pointing and political posturing that inevitably follow these disturbing incidents. But now is not the time.
Instead let us grieve for the victims, their families and friends. And let us hope that, if any good is to emerge from the anguish and despair, this tragedy will somehow further the effort to better identify the monsters among us.
• LAS VEGAS REVIEW-JOURNAL

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie