Nuwe grootbaas vir NLU
Die nuwe uitvoerende bestuurder van die Namibië Landbou-unie (NLU) is 'n man wat sy merk gemaak het as kundige in die landbousektor in die land.
Mnr. Roelie Venter (45) sal op 15 Januarie 2018 dié pos by mnr. Sakkie Coetzee oorneem.
Coetzee tree op 30 November ná 15 jaar diens as uitvoerende bestuurder van die NLU af. Hy beplan om meer betrokke te raak by sy voorheen deeltydse boerdery op die plaas Schneider naby Leonardville.
Venter het in 1995 'n BSc. Agr. honneursgraad aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf nadat hy suksesvol gegradueer het met 'n BSc. Agric. (dier- en weidingskunde asook landbouekonomie) in 1993.
Hy het ook in 2001 'n meestersgraad in sakeleierskap (MBL) aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) verwerf.
Venter het sy loopbaan as landbouvoorligtingsbeampte in Suid-Afrika begin voordat hy in 1995 as bestuurder van bedrywe by die NLU aangestel is. Van Junie 2002 tot Maart 2010 was hy betrokke by Ohlthaver & List (Namibia Dairies en die boerdery-afdeling).
Tussen 2010 en 2015 het hy as konsultant gewerk, waarna hy as die nasionale koördineerder vir die implementering van die Namibië Weidingsbestuursbeleid en -strategie aangestel is. Dit is 'n inisiatief van georganiseerde landbou en poog om die weidingstoestande in die land te herstel.
Die president van die NLU, mnr. Ryno van der Merwe, sê hy vertrou dat Venter met sy akademiese agtergrond en praktiese ondervinding waarde tot die bedrywighede van die NLU sal toevoeg.
“Sy kundigheid is nodig, veral in 'n tyd waar daar groot verwagtinge van die landbou- en privaat sektore is om by te dra tot die implementering van die Harambee-welvaartsplan sowel as die Nasionale Ontwikkelingsplan ten einde die doelwitte van Visie 2030 te bereik.”
Venter is getroud met Yvette en hulle het twee kinders, Joné (14) en Roelof (11).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie