Nuwe jaar, ‘nuwe’ dinge
Dis 2022, ’n splinternuwe jaar, ’n nuwe bladsy, maar eish. Ek weet nie van julle nie, maar vir my voel dit sommer net ‘meh’.
Dalk is dit so omdat ek die laaste tien dae in isolasie moes wees as gevolg van Covid-19. Maar ons het dit oorleef en daarvoor is ons dankbaar.
In die tyd het ek ook probeer om ’n lys van nuwejaarsvoornemens te maak en ek’t op so sewe dinge afgekom, maar dis maar algemene goedjies soos om beter my tyd te vernuf, beter na myself te kyk, meer te lees en meer geld te spaar.
Dis maar moeilik om uit te sien na ‘nuwe’ dinge, nadat ons almal so ’n verskriklike 2020 en 2021 gehad het.
Die vakansiegees hier langs die kus was selfs ook anders – die meerderheid mense het verkies om by die huis te bly eerder as soos gebruiklik vir ’n vakansie weg te breek, maar then again bevind ons onsself in die vierde vlaag van Covid-19. (Corona is voorwaar soos daai ongenooide gas wat nie die boodskap kry dis tyd om huis toe te gaan nie).
Baie van ons familie en vriende het nie die voorreg gehad om 2022 te sien nie. Maar ten spyte van die ‘meh’-gevoel, is daar ook soveel om voor dankbaar te wees.
Hier kan ek weer binne die volgende twee maande, ’n kleine familielid verwelkom – dit is opwindend.
Ek dink vir hierdie 2022 moet ons nie na die groot dinge kyk nie, maar wel na die “kleiner”, betekenisvolle dinge.
Daar is soveel dinge wat ons as selfsprekend vat – soos om in die oggend te kan opstaan en werk toe te gaan, vakansie te hou, selfs net om asem te haal.
As ’n voorstel vir ons elkeen se lysie van nuwejaarsvoornemens, behoort ons “om elke dag voluit te leef” en ook “vat dinge stap vir stap, dag na dag” neer te skryf.
Die pandemie het soveel aspekte van ons leefstyl verander, maar een ding is verseker, ons vasberadenheid net om anderkant te kom, het bo alles uitgestyg verlede jaar.
Ons president het in sy Nuwejaarsboodskap ook dat 2022 as ‘the year of reimagining’ beskryf. Soos ek dit sien, sal ons baie van verlede jaar se probleme en kwessies oordra na die nuwe jaar, maar kom ons kyk met ’n ander oog na dit.
Nog ’n ding wat ek besef is, is dat ons bevind onsself so maklik in ’n roetine, en die lewe is veronderstel om allesbehalwe ’n roetine te wees.
Vir dié jaar gaan ek beslis ’n punt daarvan maak om uit my ‘comfort zone’ te beweeg. As jy my ’n jaar gelede moes gesê het ek gaan een van die dae ’n ma van twee wees, het ek jou summier uitgelag, maar tog sien ek uit na die nuwe uitdaging.
Dalk is jou uitdaging om vanjaar jou studies klaar te maak, of te trou; dalk iets so eenvoudig as om jou reaksie teenoor sekere dinge te verander, of om selfs minder tyd op Facebook te spandeer. Wat dit ook al mag wees – kom ons gebruik die nuwe jaar, die clean slate, om vorentoe te beweeg.
Ons Hemelse Vader wil selfs hê dat ons moet droom en uitsien na die dag van môre sonder dat ons onsself moet bekommer oor wat voorlê.
Kom ons vat dit dag vir dag!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie