Nuwe middel teen MIV/vigs
MIV-medikasie verander voortdurend om aan riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie te voldoen.
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) het ‘n nuwe middel bekend as Dolutegravir vir MIV-pasiënte bekend gestel.
Dolutegravir is ‘n anti-retrovirale middel wat onlangs vir die behandeling van MIV-1-infektering goedgekeur is. Dit is meer doeltreffend, het minder newe-effekte en word ook in MIV-behandeling in Europa en Amerika gebruik.
Volgens die senior mediese raadgewer vir MIV en tuberkulose, dr. Ndapewa Hamunime, vervang die middel Efavirenz wat tans die behandeling vir MIV-pasiënte is. Hamunime was aan die woord tydens die bekendstelling van die sesde nasionale riglyne vir anti-retrovirale terapie (ART).
Volgens haar word die meerderheid MIV-pasiënte in Namibië tans behandel met ‘n vaste dosis kombinasiepil van tenofovir-lamivudine-dolutegravir.
“Ons het steeds ‘n paar mense op die huidige behandeling wat ‘n kombinasiedosering van Efavirenz in die plek van Dolutegravir het. Dit is omdat dit om welke rede ook al nie met sommige mense kan akkodeer nie. Die meerderheid pasiënte sal egter die nuwe behandeling ontvang,” het sy gesê.
Volgens Hamunime verander MIV-medikasie voortdurend danksy nuwe wetenskaplike bewyse en om aan riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) te voldoen. Sowat 185 000 Namibiërs is MIV-positief, van wie 9 000 kinders is.
“Hoewel ons goed in terme van infeksiebeheer doen, moet ons voortgaan om nuwe infekterings van MIV te voorkom. Ons weet ons kan nie MIV stop nie, maar as geïnfekteerde persone se virale lading onderdruk word, kan hulle die virus nie aan ander mense oordra nie,” het sy verduidelik.
Namibië het sy dekking van die oordrag van moeder na kind van 88% in 2010 tot 99% in 2017 verhoog. Tydens dieselfde tydperk het oordragkoerse van 14% in 2010 tot 6% in 2017 gedaal. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie