Nuwe oond en outoklaaf
Tanja Bause - ’n Nuwe verbrandingsoond- en outoklaafaanleg is gister amptelik deur mnr. Nangolo Mbumba, Namibië se visepresident, geopen.
Dié aanleg, wat gesondheidsgeriewe se risiko-afval (HCRW) vernietig, is weens die gebruik van moderne tegnologie die enigste in sy soort op die vasteland.
Die Windhoek-munisipaliteit se soliede afval-afdeling het dié aanleg op hul perseel in die noordelike nywerheidsgebied teen ’n koste van N$70 miljoen opgerig.
Volgens mnr. Friedrich Kouji, hoof van die soliede afval-afdeling, bestaan die aanleg uit twee afdelings.
“Die outoklaaf sal sowat 90% van die HCRW hanteer. Hier word die afval met stoom gesteriliseer. Daarná word dit deur ’n masjien gevoer wat dit in fyn stukkies opkerf. Die opgekerfde materiaal word dan in houers geplaas en by die Kupferberg-stortingsterrein afgelaai,” het hy gesê.
Die verbrandingsoond sal gebruik word om anatomiese, farmaseutiese en sekere chemiese afval te verbrand.
Dit sal die enigste goedgekeurde aanleg vir die verwerking van mediese afval wees, en alle private gesondheidsgeriewe is volgens wet verplig om hiervan gebruik te maak.
Risiko-afval uit omliggende gebiede soos Gobabis, Okahandja en Rehoboth sal voortaan ook hier verwerk word.
Die grootste gebruiker van die aanleg sal staats- en private hospitale wees.
Ander gebruikers sluit in klinieke, laboratoriums, algemene praktisyns, tandartse en spesialiste.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie