Nuwe permanente sekretarisse vir dié ministeries
Ronelle Rademeyer - Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het Dinsdag bevorderings en skuiwe aangekondig wat meebring dat vyf ministeries nou nuwe permanente sekretarisse aan die stuur van sake het.
Mnr. I-Ben Nashandi skuif van die ministerie van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn na die kantoor van die eerste minister. Hy word vervang met me. Esther Lusepani, voorheen adjunk- permanente sekretaris van grondhervorming.
Me. Annely Haiphene vervang mnr. Leevi Hungamo, wat bedank het, by die ministerie van ekonomiese beplanning en die Nasionale Beplanningskommissie.
Die adjunk- permanente sekretarisse mnr. Abraham Iilonga en me. Annascy Mwanyangapo word bevorder tot permanente sekretarisse van onderskeidelik veteranesake en staatsondernemings (SOE’s). Illonga was vroeër by die ministerie van verdediging en Mwanyangapo was by die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling.
Al die aanstellings sal op 1 Augustus van krag wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie