Nuwe president vir Napha
Nuwe president vir Napha

Nuwe president vir Napha

Ronelle Rademeyer
''n Vrou met ''n sekuur korrel is tydens die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Napha) se pas afgelope 43ste algemene jaarvergadering as dié vereniging se nuwe president verkies.

Me. Danene van der Westhuyzen, wat in 2012 die eerste vroulike professionele jagter (PH) geword het wat toegelaat is om gevaarlike wild te jag, neem die leisels by mnr. Kai-Uwe Denker oor.

Mnr. Ryno van der Merwe, president van die Namibië Landbou-unie (NLU), het Van der Westhuyzen Vrydag in dié unie se weeklikse nuusbrief geluk gewens met haar prestasie en Napha opnuut verseker van die voortgesette nou samewerking tussen dié twee liggame.

Van der Westhuysen is ''n opgeleide oogkundige, maar het dié professie verruil om haar passie uit te leef en haar as ''n professionele jagter gekwalifiseer.

Denker het tydens die jaarvergadering ''n beroep op die trofeejagbedryf gedoen om alles in sy vermoë te doen om etiese jag te bedryf.

Hy het gewaarsku dat geld soms die oorwegende faktor is wat die etiek van trofeejag oorheers.

Die trofeejagbedryf en die bewaring van wild en die omgewing gaan hand-aan-hand en baie meer klem sal gelê moet word op die bewarings­aspekte om die wêreldwye antagonisme teenoor trofeejag teen te werk, het Denker by dié geleentheid gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!