Nuwe seisoen, nuwe era vir Thakur, Eagles

Krieket
Tielman van Lill
Krieket Namibië het sy senior nasionale span aangekondig wat vanaf 14 September in die T20 Afrika-bekertoernooi sal meeding wat deur Krieket Suid-Afrika gereël en aangebied word.

Dit sal die vierde keer wees dat dié kompetisie gehou word, met die twee halfeindstryde wat op 23 September afgehandel word en die eindstryd wat die volgende dag volg.

Daar is vier groepe wat op afsonderlike plekke en datums ontmoet.

Namibië is in groep C saam met Grens, Kenia, Mpumalanga en Oostelike Provinsie geplaas. Groep C se agt wedstryde word in Oos-Londen gespeel.

In 2017 het 13 Suid-Afrikaanse plattelandse spanne asook Kenia, Namibië en Zimbabwe mekaar die stryd aangesê. Vanjaar sal nie 16 nie, maar wel 20 spanne sake uitspook. Spanne van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies maak vanjaar hul buiging in die kompetisie, terwyl Ghana en Nigerië ook hul eerste proesel blitskrieket in Suid-Afrika gaan speel.

Groep A se spanne is Oostelikes, Ghana, KwaZulu-Natal, KwaZulu-Natal Platteland en Westelike Provinsie. Groep B bestaan uit Gauteng, Vrystaat, Noordelike, Suidwestelike Distrikte en Zimbabwe. Groep D word tussen Boland, Limpopo, Nigerië, Noord-Kaap en Noordwes beslis.

Die Eagles sal die nuwe seisoen begin sonder die jarelange veterane Sarel Burger, Craig Williams, Nicolaas Scholtz en Gerrie Snyman wat tydens of ná die 2017-'18-seisoen uit internasionale krieket getree het.

Die Eagles-spelersgroep is Stephen Baard (kaptein), Lo-han Louwrens, Michau du Preez, Jan Frylinck, Zane Green, Bernard Scholtz, Colin Peake, JJ Smit, Tangeni Lungameni, Niko Davin, Christopher Coombe, Nicol Loftie-Eaton, Gerhard Erasmus.

Dee Thakur bly nog vir die volgende drie maande aan as die nasionale hoofafrigter en het ook die voorseisoen program hanteer, hoewel die pos tans geadverteer word.

Thakur word deur Gareth Cloete as hulpafrigter bygestaan. Thakur sal later aan die stuur van Krieket Namibië se strategiese ontwikkelingsprogram herontplooi word.

Die eerste wenspan van die Afrika T20-toernooi in Oktober 2015 was Noordelikes wat KwaZulu-Natal met sewe paaltjies by die Mangaung-ovaal in Bloemfontein oorrompel het.

In 2016 het Oostelike Provinsie op Oudtshoorn met die beker weggestap toe hy die Noord-Kaap met 70 lopies getroef het. KwaZulu-Natal Platteland het verlede jaar die Vrystaat met ses paaltjies in Kimberley by die Diamand­-ovaal oorskadu om die nuwe kampioen te word, terwyl die Namibiese Eagles tot in die halfeindronde gevorder het.

Die Eagles speel op 14 September teen Mpumalanga (13:30) en die volgende dag eers teen die Oostelike Provinsie (09:30) en Grens (13:30). Sondag 16 September kom Kenia om 09:30 aan die beurt. Al die wedstryde sal op SuperSport vertoon word.

– Bykomende inligting Tielman van Lill

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!