Nuwe slagreu00ebl ontstel skaapboere
Nuwe slagreu00ebl ontstel skaapboere

Nuwe slagreël ontstel skaapboere

Rolspelers in die plaaslike skaapbedryf reageer oor die nuwe voorwaarde vir uitvoerpermitte.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Namibiese skaapprodusente sal van 1 Junie af slegs vir 'n uit­voerpermit kwalifiseer indien plaaslike uitvoer-abattoirs se prys met meer as N$2,50 van die Suid-Afrikaanse verwysingsprys verskil.

Sodra die plaaslike uitvoer-abattoir se prys met N$2,50 of minder daarvan verskil, sal 'n uitvoerpermit nie uitgereik word nie en sal die skaap plaaslik geslag word.

Hoewel hierdie nuus van die Vleisraad van Namibië gister deur 'n plaas­like uitvoer-abattoir verwelkom is, het kleinveeprodusente laat blyk dié wending vererger hul situasie verder.

Produsente sê redes hiervoor is dat die nuwe voorwaarde te laat in werking tree, dat dit plaaslike pryse vir manipulasie oopstel en die bemarkingsproses erg ingewikkeld maak.

Die Vleisraad het in hul nuusbrief Maandag aangedui die toevoeging van die nuwe voorwaarde tot die skaapbemarkingskema se doel is om skaapprodusente “'n kompeterende plaaslike prys vir karkasse te bied”, en dit “impliseer beide produsente en abattoirs het 'n gesamentlike verantwoordelikheid wat die koste van waardetoevoeging in die land betref”.

Die Vleisraad het bygevoeg skaapprodusente is sedert die toepassing van die skaapbemarkingskema met aansienlike prysverskille in die plaaslike mark teenoor die Suid-Afrikaanse mark gekonfronteer.



UITVOER-ABATTOIR REAGEER

Mnr. Jean Simonis, eienaar van die skaapuitvoer-abattoir by Keetmanshoop genaamd Brukarros Meat Processors (BMP), het gister aan Republikein gesê hy glo dié nuwe voorwaarde kan help om 'n beter deurset in Namibiese abattoirs te verseker, hoewel hy graag meer inligting tot sy beskikking wil hê voor hy meer sê.

“Ek glo dit sal help om Namibiese abattoirs vol te kry. Ek voorsien egter 'n paar praktiese probleme, want 'n abattoir maak meestal hul pryse 'n week voor die tyd vas. Dit kan die uitreiking van permitte bemoeilik,” het hy gesê.



KLEINVEEPRODUSENTE

Mnr. JC de Klerk is die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) se ondervoorsitter en die skaapboere se woordvoerder.

Hy sê afgesien daarvan dat ontsettende moeilike tye boere weens die droogte in die gesig staar en dat skaappryse teen die grond is, is kleinveeprodusente “baie ontevrede en ongelukkig” met die nuwe voorwaarde vir uitvoere.

Hy sê behalwe dat die datum wanneer dit in werking tree te laat is omdat die tyd vir drukbemarking dan reeds verby is en dus nie meer werklike verligting sal bring nie, voel kleinveeprodusente die stelsel stel homself aan moontlike manipulasie bloot.

“Dit is net op die riglynprys vir A2- en A3-graderings gebaseer, terwyl daar 28 grade is. Dit beteken 'n abattoir kan besluit hulle gaan jou meer betaal op die A-grade, maar byvoorbeeld N$10 wegvat op die C-grade,” het De Klerk gesê.

Hy sê ook die sogenaamde “riglynprys” is misleidend in dié opsig dat dit nie die beste prys weergee wat Namibiese kleinveeprodusente vir hul skape in Suid-Afrika kan kry nie, bo en behalwe die feit dat Namibiese skaap in die vrylopende kategorie val.

Skaapprodusente voel té min word té laat gedoen en dat dit 'n groter gerompslomp en komplisering van die bemarkingsproses is, het De Klerk gesê.

Hy sê hoewel dit 'n stap in die regte rigting is, moes dit al sowat 15 of 16 jaar vantevore gebeur het en help dit tans nie om die las van die boer te verlig nie.

“Ons was deel van die besluitnemingsproses en het gesê hierdie help die produsent nie werklik nie,” het hy gesê.

“Ideaal gesproke sou ons wou hê daar moet 'n teenprestasiestelsel wees vir produsente wat binnelands slag, sodat die boer teen uitbuiting beskerm kan word. Die regering gooi ons vir die wolwe. Die kleinveeboer verarm net al meer,” het hy gesê.

Hy sê ten spyte van die LPO se beste pogings, asook dat hul saak al op ver­skeie regeringsvlakke gestel is, blyk dit daar is 'n totale onwilligheid by die regering om die produsent se saak te hoor.

“'n Ekonomiese ideologie word as feit aanvaar, terwyl daar in die werklikheid teen 'n segment van die mark gediskrimineer word. Kleinveeprodusente is van mening die binnelandse mark word gevange gehou en abattoirs kan hulle op die manier aan die uitbuiting van die mark vergryp.

“Hierdie bemarkingskema is besig om kleinveeboere tot niet te maak. Boere begin om hul produksiestelsels te verander om die kwotastelsel vry te spring. Hulle moet doen wat nodig is om te oorleef!

“Ons voel dit help nie meer om te praat nie en dat ons op ons eie is.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!