Nuwe toerismeroete
Die Omuramba Meander wys toeristeaantreklikhede uit.
Elvira Hattingh - Verskeie belanghebbendes wat in die driehoek tussen die Etosha Nasionale Park, die Khaudum Nasionale Park en die Waterbergplatopark geleë is, het 'n nuwe inisiatief van stapel gestuur om toeriste bewus te maak van die verskeie toeristeaantreklikhede in die noordooste van Sentrale Namibië.
Dit het gelei tot die daarstel van 'n nuwe toerismeroete genaamd die Omuramba Meander, wat bestemmings soos die Hoba-meteoriet, die Maria Bronn-sendingstasie, die Ghaub-grotte en die Ombili San-stigting insluit. Ander bestemmings op die Omuramba Meander is die Otjikotomeer, die museums op Tsumeb en Grootfontein, die “lewende” Ju/'hoansi-museum, die Dorsland-grootboom, die Thonningii-wynlandgoed asook die Karavatu-myn.
Volgens 'n nuusverklaring wat verlede Dinsdag deur die Omuramba Meander-komitee uitgereik is, is die roete in samewerking met altesaam 40 instansies wat akkommodasie en aktiwiteite aan toeriste bied, asook museums, kunsmarkte en munisipaliteite gestig.
Volgens die nuusverklaring word hierdie driehoek dikwels deur toeriste geïgnoreer.
“Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling het die inisiatief geneem en Open Africa, 'n niewinsgewende organisasie, gekontrakteer om die toerismeroete te ontwikkel.
“Die doel is om seker te maak gemeenskappe op die dorpe en in landelike dele van die driehoek trek groter voordeel uit toerisme,” lui die nuusverklaring.
Open Africa het intussen ook inligting en foto's van toeristeaantreklikhede in die gebied op hul webwerf (www.openafrica.org/experiences/route/153-the-omuramba-meander) gepubliseer. Verder is inligtingsborde by agt bestemmings geplaas wat na mekaar verwys.
Borde wat die Omuramba Meander aandui, is ook by die ingang van dorpe en uitgesoekte plekke langs paaie aangebring.
'n Brosjure in digitale asook gedrukte formaat sal in Julie bekend gestel word – wanneer dit piektyd vir toerisme is.
“Ons Omuramba Meander-inisiatief moet bewustheid skep van die verskeidenheid ervarings wat in hierdie omgewing gebied word,” het mnr. André Neethling, voorsitter van die komitee, gesê.
“Nie net is dit 'n goeie stilhouplek tussen Windhoek en Etosha of die Zambezistreek nie, dit is ook 'n bestemming in eie reg wat besoekers nooi om dit te verken – oftewel om te 'meander'.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie