Nuwe trieks vir ‘n ou kat
Kuberskool is nie kinderspeletjies nie.
Dit het kinders, maar veral ouers, sommer vinnig gesnap ná Covid-19 gesinne in aanlynklasse gehok het.
Wat ons nie in berekening gebring het nie, is dat die kuberskoolklok ook weer vir heelwat grootmense gaan lui, wat verplig is om van huis af te werk om heeldag se pousekosblikke vol te hou.
As ‘n kind wat uit die hippie-era stam, moet ek sommer by die kuberkleuterskool inval.
Want die aanlynstelsels, -vergaderings en -nuuskonferensies van die “nuwe normaal” laat my broek bewe soos ‘n graad nulletjie wie se ma haar die eerste dag by die skool aflaai.
Die “ou normaal” van die moderne nuuskantoor het my kop reeds etlike jare laat smokkel.
Eers was dit Newsrap, ‘n bul van ‘n eenstopprogram vir al die draaie wat ‘n joernalis se storie moet loop om in die koerant te beland. Maar as daai bul die dag rooi sien, neem dit die hele nuuskantoor op horings.
Toe word ek voorgestel aan die CMS, ‘n inhoudbestuurstelsel vertaal die taalfoendies dit. Dié blikbreinbroeisel laat haar ook nie aldag bestuur nie. En as sý jou begin bestuur, is dit heelpad sinkplaat.
So met die jare het my rekenaargroepie e-vrinne (ek kom mooi reg met die vreemde woordeskat, né?) gegroei. Ek’t begin verlief neem met hul geite, soos hulle met my vloermoere.
En toe grendel Covid ons in soos ‘n outydse tannie se stywe “step-in”. Tuiskantoor vir die meeste van ons.
En daarvoor het jy ‘n VPN nodig – ‘n “virtual private network” of skynprivaatnetwerk, seg die Afrikaanse nuutskeppers.
Skynbaar g’n breinbreker, dié Virtuele Paljas van ‘n Naelbyter, verseker die jongelinge my.
Vir die VPN om sy ding te doen, het jy egter Wie-Fie nodig. En dís iets wat vol fiemies is. Op en af soos ‘n tiener se buie.En raai Wie het jy nog in die res van die korporatiewe kuberhuis nodig? Fie se kind. Sonder Fie en kie is jy in jou kuberkanon in.
Dié week hoor ek AXLE moet nou ook my e-tjommie raak. Nie Axl Rose van Guns N’ Roses nie, AXLE. Laasgenoemde rock glo net so goed met die oordrag van als en nog wat tussen rekenaars.
Nou kyk, Axl kan nou nog my bloeddruk opjaag as hy met “Welcome to the Jungle” wegtrek. AXLE ook, maar nie omdat sy “jungle” so sexy is nie.
Die nuus oor die gebruik van Wrike laat my frons. Bedoel hulle “Write”? Dis ten minste een ding wat ek kan doen.
Maar Wrike? “Wrike said Fred” giggel ek onwillekeurig. Raait, hier gaan ons!
My eerste aanlyn-nuuskonferensie via Teams het my laat voel asof ek weer vir die skool se derdespan hokkie speel. Ek sien die bal kom, maar ek weet nie wat om daarmee te doen nie.
Met Teams voel ek deesdae darem nie meer soos ‘n reserwe nie. Maar ek moet nog my Zoom-debuut maak. Net omdat dit met “doom” rym, is dit hopelik nie ‘n nare voorbode nie.
Ek is nie seker wat die “nuwe normaal” is nie. Soms voel dit die nuwe normaal word al hoe nuwer.
Maar ek leer. Want dis wat Covid ons geleer het: Leer om te oorleef.
Hulle sê ‘n ou hond kan nie nuwe trieks leer nie. Glo my, hierdie ou kat is reg om nog ‘n hele paar nuwe trieks te bemeester.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie