Nuwe uitbreking verdwerg vorige golwe
Die derde golf van die verspreiding van Covid-19 in Namibië neem steeds groter afmetings aan.
Die aantal nuwe gevalle het rekordhoogtes bereik en hoewel sterftes effens afgeneem het sedert Mei, word gemiddeld sewe sterftes per dag steeds met die virus verbind.
Die Khomasstreek het as brandpunt 24 000 gevalle verbygesteek.
Die 844 nuwe gevalle wat gister vir die hoofstad bevestig is, is meer as dubbeld soveel as die 388 gevalle wat op een dag in Windhoek positief getoets het tydens die kruin van die tweede golf. Die syfer is meer as drie keer soveel as tydens die eerste golf se piek.
Die algehele herstelkoers in die Khomasstreek het benede 80% gesak.
Nuwe gevalle neem landwyd in groter dorpe toe en meer as 2 000 persone word opnuut in amptelike kwarantyngeriewe gehuisves.
Die net meer as 8 000 aktiewe gevalle, meer as die helfte in Windhoek, is twee keer soveel as tydens die vorige uitbreking se hoogtepunt en sowat 3 000 meer mense as tydens die eerste golf verlede jaar.
Meer as 100 000 kontakte is nou sedert Maart verlede jaar deur gesondheidsowerhede nagespoor – byna 3 000 hiervan in die sewedaesiklus tot Donderdag.
Vrydag se data word eers vandag aangekondig.
GEVALLE PER DISTRIK
Ons kaart wys die 20 uit 35 gesondheidsdistrikte waar daagliks gemiddeld vyf of meer nuwe gevalle bevestig word. Die gemiddeld per dag word oor sewe dae gemeet.
Daaglikse gemiddeld vir distrikte nie op die kaart nie:
Grootfontein 4
Karasburg 4
Okakarara 4
Omaruru 4
Okahao 2
Tsandi 2
Aranos 1
Khorixas 1
Okongo 1
Oshikuku 1
Nankudu 0,4
Nyangana 0,4
Opuwo 0,3
Andara 0
Engela 0
KERWE VERBYGESTEEK
Die Erongostreek het nou meer as 10 000 gevalle aangeteken sedert Maart 2020. Walvisbaai het 5 700 gevalle verbygesteek en die Swakopmund-distrik die 3 100-kerf.
Ander kerwe verbygesteek:
STREKE
Hardap en Otjozondjupa 4 000+, //Kharas 3 800+, Oshana 3 600+, Oshikoto 3 100+, Kavango-Oos 2 100+, Kunene en Omaheke (Gobabis) 1 700+, Ohangwena en Omusati 1 500+
DISTRIKTE
Rehoboth 2 600+, Lüderitz 1 800+, Rundu 1 700+, Otjiwarongo 1 500+, Mariental en Onandjokwe 1 300+, Keetmanshoop 1 200+, Eenhana en Grootfontein 900+, Omuthiya 800+, Karasburg 700+,
TOETSE
Donderdag is 4 177 toetsmonsters verwerk (herhaaltoetse uitgesluit) – die meeste nog op een dag.
Die vorige toppunt wat 3 129 verlede Woensdag.
Sewe dae tot 10 Junie: 17 846 toetse, gemiddeld 2 549/dag
Sewe dae tot 3 Junie: 14 862 toetse, gemiddeld 2 123/dag
GESONDHEIDSWERKERS
Tydens die sewe dae tot Donderdag het 214 gesondheidswerkers positief getoets teen ‘n gemiddeld van 31 per dag.
Vir die vorige sewedaesiklus was die syfer 160, oftewel 23 per dag.
Sedert die begin van die pandemie het 2 743 gesondheidswerkers positief getoets. Van hulle werk 2 180 vir die staat (79%). Tien gesondheidswerkers het weens Covid-19 gesterf en 81% het reeds herstel.
Jongste siklus se gevalle per streek:
Khomas 127, Erongo 16, //Kharas 12, Oshikoto 11, Oshana 11, Otjozondjupa 11, Hardap 10, Omusati 7, Kavango-Oos 3, Ohangwena 2, Omaheke 2, Kavango-Wes 1, Zambezi 1
IN KWARANTYN
Mense gehuisves in staatsgeriewe op 10 Junie:
Oshikoto 571, Omaheke 391, //Kharas 387, Hardap 239, Zambezi 172, Omusati 109, Erongo 75, Kunene 71, Khomas 36, Kavango 22, Ohangwena 0, Oshana 0, Otjozondjupa 0
AKTIEWE GEVALLE PER STREEK (10 Junie)
Erongo 730
Hardap 567
Kavango-Oos 214
Kavango-Wes 9
//Kharas 300
Khomas 4 778
Kunene 57
Ohangwena 110
Omaheke 155
Omusati 256
Oshana 251
Oshikoto 168
Otjozondjupa 440
Zambezi 53

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie