Nuwe wenner maak sy debuut
Nuwe wenner maak sy debuut

Nuwe wenner maak sy debuut

Dani Booysen
Die nuutste wenner van N$1 000 in Republikein en MultiChoice Namibia se weeklikse Superrugby-tellingraai is mnr. Rudy Badenhorst van Windhoek.
“Dit is die eerste keer in my lewe dat ek so iets wen!” het Badenhorst aan Republikein gesê. Dié Bul-ondersteuner het die afgelope naweek se telling in die wedstryd tussen die Blues en Sharks 100% reg voorspel met ’n raaiskoot van 23-18. ’n Viertal ander deelnemers was net-net uit die kol.
Mnr. Leon Scheffers van Okahandja – al is hy ’n ondersteuner van die Stormers – het voorspel die Lions sou die Kaapse span met 29-23 klop. Die telbord het op 29-22 gestaan.
Beide mnre. John Kido van Rehoboth en Willie Brand van Otjiwarongo het ’n telling van 23-20 tussen die Blues en Sharks voorspel.
’n Bekende deelnemer wat al dikwels aan die wenkant was, mnr. Kleinjan van Schalkwyk van Windhoek, het voorspel die Crusaders sou teen die Jaguares met 32-18 wen. Die eindtelling was 32-15.
Hierdie week kan ’n DStv Premium-intekenaar opnuut die genot van ’n Explora-dekodeerder wen deur die telling tussen die Stormers en Reds te voorspel. Vir Premium-intekenare tel elke SMS as ’n inskrywing om N$20 000 los te slaan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!