NV hervat vandag
Die Nasionale Vergadering (NV) open vandag vir die eerste keer vanjaar.
Namibië se sesde parlement sal van volgende week af sy termyn voltooi wat in November 2014 afgeskop het.
Die nuut verkose sewende parlement word op 20 Februarie ingehuldig.
Die parlementêre woordvoerder mnr. David Nahogandja dring daarop aan dat die nuwe parlement eers van Maart af in diens sal wees.
Met sy tweederdemeerderheid nog van toepassing sal Swapo se parlementslede van hierdie geleentheid gebruik kan maak om die wetsontwerp op finansiële instansies en markte, die beheer van suiwelinvoere en -uitvoere en die vestiging van pos en telekommunikasiemaatskappye te laat goedkeur.
Die sessie, wat amptelik tot 19 Maart sal duur, moet ook aandag skenk aan die wysigingswetsontwerp op die begroting, die voorkoming van mariene besoedeling deur olie, asook aan die waghond oor finansiële instellings in Namibië (Namfisa) se bygewerkte wetsontwerp en die wetsontwerp op die evaluering van finansiële dienste.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie