O wee, Windhoek
Geldsake vlot al lank nie by die munisipaliteit van Windhoek nie, maar die geheime noodplan waaroor Republikein gister berig het en vandag weer op die voorblad verslag doen, wys hoe kritiek die situasie werklik is.
Tot soveel as N$1 miljard moet in 'n kits gevind word om skuldeisers van bates weg te hou. Reddingsboeie word selfs van die private sektor gevra.
Só 'n krisis ontwikkel nie in die bestek van maande nie. Dit is onvolhoubare en swak bestuur van jare en selfs dekades wat sy tol begin eis.
Die noodplan het glo kapsie van die stadsraad ontlok. Hulle kan egter nie alle blaam op voorgangers plaas nie.
In 2018 het die media nie, soos voorheen altyd die geval was, uit die staanspoor insae in die stad se bedryfs- en ontwikkelingsbegroting ontvang nie. En in 'n verkiesingsjaar sal swyg en suutjiestrap in 2019 selfs belangriker wees. Sodat verantwoording asseblief tog nie deur kiesers afgedwing mag word nie.
Skuld en gawes aan die sentrale regering kan net in 'n kultuur van roekelose politieke gedienstigheid – waarskynlik gekombineer met korrupsie – plaaslike owerhede so absoluut op hul knieë dwing. Windhoek is nie die enigste voorbeeld hiervan nie.
Baie ondernemings kon die afgelope jare net klein of selfs geen verhogings toestaan nie. Baie moes werkers aflê. Munisipale werkers kan nie outomaties op verhogings aandring nie.
Windhoek sal nooit weer kan floreer as die stad nie dag in en uit volhoubaar bestuur word nie.
So sê ander
4 Maart 2019
Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Die mislukking van die tweede spitsberaad verlede week tussen pres. Donald Trump van Amerika en die Noord-Koreaanse diktator, Kim Jong-oen, is deels te wyte aan Trump se styl van diplomasie.
Trump was, so wil dit voorkom, ongeduldig. Hy het gemeen hy kan die jong Kim (35), wat hy as onervare beskou, met die krag van sy persoonlikheid oorweldig en tog tot 'n ooreenkoms beweeg.
Kim is 'n meedoënlose magspolitikus, wat selfs nie eens geaarsel het om verskeie van sy familielede te laat vermoor nie.
Hy beskou die besit van kernwapens duidelik as die beste waarborg vir sy eie magsposisie. Dis iets wat hy nie sommerso sal prysgee net omdat Trump sy krane van oortuiging vol oopdraai nie.
Al het die beraad misluk, het die twee kante wel ooreengekom om die gesprek voort te sit. Soos Winston Churchill glo op 'n keer gesê het: “Meeting jaw to jaw is better than war.” Praat is beter as skiet.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie