Obama bring hulde
Foto’s van die polisiebeamptes wat verlede week deur ’n sluipmoordenaar in Dallas, Texas doodgeskiet is. Die geleentheid was ’n roudiens waar pres. Barack Obama hulde aan die vyf ontslape polisiemanne gebring het. "Soos lede van die polisie landwyd, het hierdie mans en hul families ’n verbintenis tot iets groter as hulself gehad,” het Obama gesê. Hy het die aanval as ’n daad deur ’n “mal” man beskryf en ’n beroep op Amerikaners gedoen om ’n manier te vind om verdeeldheid te oorkom. Foto Nampa/Reuters
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie