Oefensessies bly ook in die slag
Rugby
Kontaksporte soos rugby en boks is van nature meer uitgelewer wanneer dit by die oordrag van aansteeklike siektes soos die huidige coronavirus-pandemie kom.
Die Namibië Rugby-unie het dus gister alle rugby-aktiwiteite in die land met onmiddellike effek tot 14 April opgeskort. Dit geld vir die huidige voorseisoen-oefensessies van die nasionale oefengroep asook van klubs – hetsy op die oefenveld of in die gimnasium.
Met sommige van die groter rugbyklubs wat tot veertig spelers of meer by die oefenveld kan hê, strook die NRU se aankondiging met die regering se oproep om “groot byeenkomste” tot die minimum te beperk.
“Die besluit is in die belang van alle spelers en ondersteuners, asook die nasie in geheel,” sê die NRU in sy nuusverklaring gister.
“Ons besef dat die klubs se kompetisieseisoen hierdeur beïnvloed word en ons sal mettertyd 'n aankondiging oor alternatiewe reëlings maak. Klubs moet verseker dat spelers met individuele oefenprogramme voorsien word om hul fiksheid op standaard te hou vir wanneer die rugby-aktiwiteite hervat.
“Die NRU ontmoedig groot rugbybyeenkomste en geen sulke aktiwiteite sal in dié periode georganiseer word nie – in pas met die presidensiële afkondiging.
“Alle aktiwiteite by die Hage Geingob-stadion word ook tot verdere kennisgewing opgeskort. Die NRU sal alle rolspelers op die hoogte hou namate die situasie ontwikkel.”
BOKSAAND AFGESTEL
MTC Nestor Sunshine Bokspromosies het gister bevestig dat sy voorgenome boksaand van gevegte op 28 Maart by die Windhoek Buiteklub ook onbepaald afgestel is.
Die Namibiese superveergewig Jeremiah Nakathila sou in die hoofgeveg teen Emmanuel Amos van Tanzanië te staan gekom het, met ander prominente vegters soos Mike Shonena en Walter Kautondokwa ook op die voorprogram.
“Ons sal die bokspubliek inlig sodra 'n nuwe datum vasgestel is wat ook die goedkeuring van die Wêreldboksorganisasie (WBO) wegdra. Ondersteuners wat reeds kaartjies gekoop het, kan gerus wees dat die kaartjies geldig sal wees vir die nuwe byeenkoms.”
MEER KANSELLASIES
Uit oorde heinde en verre het sportgebeure klein en groot in die slag gebly, terwyl Namibië en ander wêreldlande deur isolasie en die beperking van onnodige reise die wilde verspreiding van die coronavirus onder beheer probeer bring:
• Nasionale spelers van Krieket Namibië sou gister 'n oefenkliniek vir spelers onder 9 tot o.12 by die United-veld aangebied het, met Pupkewitz Toyota as 'n borg betrokke. Die geleentheid is onbepaald uitgestel.
• Die Konfederasie van Sokkerverenigings in Suider-Afrika (Cosafa) se streektoernooi vir o.17-meisiespanne wat op 17 April in Mauritius sou begin, is uitgestel te midde van die eilandstaat se geslote grens vir sekere lande.
• In Suid-Afrika is die Twee Oseane ultra-marathon in Kaapstad (11 April) afgestel; die Varsitybeker-rugbyreeks draai briek aan en die Absa Premierliga-sokker is ook tot stilstand gebring.
Terwyl die buurland se skole tussen môre en 14 April gesluit bly, is vele rugbyfeeste en -toere, asook nasionale atletiekbyeenkomste ook afgestel en uitgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie