Oekraïne kondig krygswet af
Oekraïne het Maandag ’n 30 dae lange krygswet afgekondig in dele van die land wat die kwesbaarste vir aanvalle deur Rusland is.
Pres. Petro Porosjenko van Oekraïne het gewaarsku teen “uiters ernstige” bedreigings van Rusland wat grond beset.
Rusland het vandeesweek drie vlootskepe van Oekraïne in beslag geneem.
Pres. Donald Trump van Amerika sê hy hou nie van wat tussen Oekraïne en Rusland aan die gebeur is nie en hy werk saam met Europese leiers oor die situasie.
Mike Pompeo, Amerikaanse minister van buitelandse sake, het die beslaglegging van die vaartuie as ’n skending van die internasionale reg beskryf en ’n beroep op die lande gedoen om selfbeheersing uit te oefen.
Oekraïne se parlement het die krygswet goedgekeur nadat Porosjenko skeptiese parlementslede verseker het dit sal nie gebruik word om burgerlike vryheid in te perk of die verkiesing volgende jaar te vertraag nie. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie