Oesters weer veilig
Oesters weer veilig

Oesters weer veilig

Augetto Graig
Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne het amptelik aangekondig dit is weer veilig om oesters en mossels te eet wat van Walvisbaai af kom.

Volgens dr. Moses Maurihungirire, permanente sekretaris van die ministerie, is monsters met die hulp van die Namibiese Instituut vir Standaarde (NSI) en die Nasionale Skulpvissanitasieprogram geneem en vir diarreïese skulpvisvergiftiging (DSP) getoets.

“Twee agtereenvolgende toetse het negatiewe resultate getoon en oesters mag dus vir menslike verbruik geoes word,” lui Maurihungirire se nuusverklaring.

Hy waarsku egter dat Aqua Park 1-oesterproduksiegebied steeds afgebaken bly en dat die oes van oesters vir menslike gebruik hier verbied word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!