Olafika maak jou sakeslim
‘n Plaaslike sakevrou neem die voortou in die oordra van vaardighede wat nodig is vir sakesukses.
Augetto Graig - Die Olafika-program vir kleinsake-ontwikkeling en mentorskap word in November weer vir meer as 70 entrepreneurs van oral in die land by Rock Lodge naby Okahandja aangebied.
Vyf entrepreneurs per streek is gekies om die intensiewe opleiding in sakebestuur by te woon. Die vorige sessie was op 5 Augustus. Noorderlig het met van die organiseerders gepraat.
Olafika is die geesteskind van ‘n plaaslike sakevrou, me. Twapewa Kadhikwa, en die African Leadership-instituut. Dit program word ondersteun deur die Namibia Diamond Trading Company (NDTC) in samewerking met die ministeries van onderwys, kuns en kultuur; nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling; asook stedelike en landelike ontwikkeling.
Kadhikwa is passievol oor entrepreneurskap. “Ondernemings is die toekoms,” sê sy.
Olafika is 'n ontwikkeling- en leierskapprogram waarmee die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling sy teenwoordigheid landswyd bevestig. Die ministerie se streekskoördineerders vir ekonomiese ontwikkeling identifiseer entrepreneurs en nooi hulle uit om deel te neem. Enige beginnersakelui kan op die ministerie se webwerf die kriteria opsoek.
Toewyding is uiters belangrik en deelnemers moet hul eie vervoer na die sessies by Rock Lodge reël.
Tydens die eerste sessie in Mei is die eerste twee van ses hoofstukke deurgewerk en daarna moes deelnemers die kennis in hul eie ondernemings toepas. In Augustus is die hoofstukke oor finansies en bemarking behandel. Die entrepreneurs moes ook weekliks ‘n toets skryf.
“Met behulp van die African Leadership-instituut kon ons die kursus ontwikkel tot NQA (Namibië Kwalifikasieowerheid) vlak 4,” sê Kadhikwa.
“Elke Vrydag word assesserings gedoen. Dit is baie intensief, maar ons het nog nie 'n enkele uitsakker gehad nie. Dit dui op die groot aanvraag na die program. Die inhoud is baie relevant. Opnemings vir 2020 begin reeds in November.”
Volgens Kadhikwa is baie van die bestaande sake-opleiding nie plaaslik gebaseer nie en ook nie vir entrepreneurs ontwerp nie. “Ons word nie geleer hoe om entrepreneurs te wees nie,” sê sy.
Ná 20 jaar se ondervinding as 'n entrepreneur kon Kadhikwa 'n resep vir sakesukses vir 'n oplossing plaaslik skep.
Volgens haar het die Owerheid vir Sake- en Intellektuele Eiendom (Bipa) oor die laaste vyf jaar sowat 65 500 ondernemings geregistreer. “Waar is hierdie maatskappye? 65 500 besighede behoort werkloosheid in Namibië uit te skakel. Dit wys dat die registrasie van 'n maatskappy nie 'n besigheid kan bedryf nie. Kollateraal bedryf ook nie 'n besigheid nie. Wat jy nodig het, is vaardighede en bevoegdhede,” sê sy.
“Ons moet besef dat entrepreneurs 'n noodsaaklike komponent van die ekonomie is. Ons moet leer wat dit vereis. Ander lande doen dit. As jy in Israel 'n besigheid begin, is jy 'n bate en jy word waardeer. Hier straf ons mense se pogings,” sê Kadhikwa.
“‘n Nuwe besigheid slaag nie altyd met die eerste probeerslag nie. Dit verg 'n honderd pogings. Dié mislukkings bou karakter, veerkragtigheid en toewyding. As jy nooit misluk het nie, sal jy ook nie die teleurstellings kan hanteer nie.
“Veerkragtigheid en visie is noodsaaklik. Jy moet woema hê.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie