Olieprys val tot onder $50 per vat
Hanlie Stadler en Bloomberg – Die kontantprys van Brent-ruolie het Woensdag in Londen die eerste keer sedert Julie 2017 tot onder $50 per vat geval.
Termynkontrakte in olie het met tot 1,1% gedaal nadat dit Maandag ook met 6,2% gedaal het en verlede week met 9,6% geval het.
Aleksander Nowak, Rusland se minister van energie, het beleggers op ’n Russiese televisiekanaal probeer gerusstel dat die olieprys in die eerste helfte van 2019 sal stabiliseer danksy die ooreenkoms tussen die Organisasie vir Petroleumuitvoerlande (Opul) en sy vennote (wat Rusland insluit) om produksie met 1,2 miljoen vate per dag te verminder.
Die olieprys het sedert sy vierjaarhoogtepunt van nagenoeg $86 per vat in Oktober reeds met meer as 40% geval.
Beleggers in olie is skepties of Opul se perke ’n duik in die wêreldvoorraad sal maak, gegewe dat Amerikaanse olieprodusente byna teen rekordvlakke olie uitpomp.
Terselfdertyd is daar ontwrigting in finansiële markte wat die olieprys ook onderdruk. Dit sluit in vrese oor die handelsoorlog tussen die VSA en China, tesame met die verhoging van Amerikaanse rentekoerse, wat die VSA se groei saam met die groei in die wêreldekonomie kan demp. Dit sal die vraag na olie onderdruk.
Opul en sy vennote vergader weer in April, maar kan besluit om die vergadering te vervroeg indien die perke wat in Januarie van krag word, nie die gewenste uitwerking het nie, het Nowak gesê.
Intussen is die lae olieprys goeie nuus vir Suid-Afrikaanse verbruikers, wat binnekort sal hoor met hoeveel petrol, diesel, gas en paraffien in Januarie goedkoper word.
Die Sentrale Energiefonds het nie oor die vakansiedae sy daaglikse oorverhalings (dus moontlike daling) uitgereik nie, en die nuutste beskikbare syfer is die een tot en met 21 Desember. Dit dui op ’n moontlike daling van R1,01 in die petrolprys en van R1,30 tot R1,32 in die groothandelprys van diesel.
Die swak rand, wat Woensdag in die omgewing van R14,60 gehuiwer het, verminder die positiewe uitwerking van die lae oliepryse.
Die oorsigmaand vir Januarie duur tot die einde van die handelsdag op 27 Desember en die pryse sal daarna aangekondig word – bes moontlik eers Maandag, maar dalk oor die naweek. Dit sal dan vanaf 2 Januarie geld. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie