Olifant trap jagter dood
Francoise Steynberg - 'n Argentynse jagter (46) is Saterdag op Wêreldolifantdag deur 'n olifant op die plaas Mopane in die Kalkfeld-distrik aangeval en doodgetrap.
Volgens die Namibiese polisie se woordvoerder in die Otjozondjupastreek, ao. Maureen Mbeha, was mnr. Jose Antonio Monzalvez vir 'n trofeejag op dié plaas, wat sowat 70 km noordwes van Kalkfeld geleë is.
Mbeha sê volgens die voorlopige polisieondersoek het vyf trofeejagters, drie Namibiërs en twee Argentyne, 'n olifanttrop op die plaas gevolg.
“Een van die olifante het glo die jagters van 'n afstand af gesien en voordat hulle 'n plek kon kry om aan te lê en die geïdentifiseerde dier te skiet, het die olifant hulle bestorm. Die olifant het vir Monzalvez uitgesonder en hom doodgetrap,” het Mbeha gesê.
Die voorval het omstreeks 16:30 plaasgevind. Mbeha sê Monzalvez het 'n wettige jagpermit gehad.
Die oorledene het vir 'n oliemaatskappy in Argentinië gewerk en sy naasbestaandes is van sy dood ingelig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie