Olifante en ys vir Namibiese leerlinge!
Olifante en ys vir Namibiese leerlinge!

Olifante en ys vir Namibiese leerlinge!

Octavia Tsibes
Tydens die onlangse Augustus-skoolvakansie het leerlinge van verskillende dorpe in Namibië Suid-Afrika besoek.

Vanjaar het 'n paar leerlinge van Rietoog, Otjiwarongo, en ook 'n leerling aan die Gekombineerde Skool Erundu, by leerlinge van Swakopmund, Windhoek, Rehoboth en Keetmanshoop aangesluit.

Dit was vir die meeste leerlinge hul eerste keer in Suid-Afrika. Plekke soos Oudtshoorn, George, Knysna, Plettenbergbaai en Kaapstad was op die toerprogram.

Volgens die toerorganiseerder, mnr. Reon van Wyk, word programme van opvoedkundige waarde vir die leerlinge aangebied.

Heelwat ontspanningsaktiwiteite word ook aangebied. Om te gaan ysskaats by GrandWest Casino in Kaapstad was veral pret.

Die bedrag wat dié opvoedkundige toer beloop, sluit gewoonlik alles van vervoer, akkommodasie, drie etes 'n dag en toegangsfooie in. Leerlinge vat dus net hul paspoorte, sakgeld en klere saam.

Op die foto verskyn die groep by een van die ­olifante by die Knysna Elephant Park.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!