Omaruru se water en huisnood kook oor
Omaruru se water en huisnood kook oor

Omaruru se water en huisnood kook oor

Ronelle Rademeyer
Omaruru het Donderdag ''n opmars uit die plakkersbuurt Hakahana, die tradisionele woonbuurt Ozondje en die dorp self beleef met ''n klagskrif wat aan die waarnemende hoof uitvoerende beampte van die munisipaliteit vir die aandag van die stadsraad oorhandig is.

Die laaste druppel wat die emmer laat oorloop het voor die verset, was die beweerde toekenning van 75 erwe aan ''n enkele ontwikkelaar in ''n laekoste-behuisingsplan.

In die klagskrif word gewys op die toekenning van ''n blok van sowat sewentig erwe aan ''n beslote korporasie, Ndakalimwe Investments CC. In die klagskrif word vyf redes aangevoer hoekom so ''n transaksie nie billik is nie.

Een van die organiseerders van die optog, mnr. Bethuel Nusamane, het aan Republikein gesê so ''n blok word aan ''n enkele instansie beskikbaar gestel terwyl op Omaruru huisloses is wat sedert die jaar 2000 op ''n enkele erf wag.

Oor die optog met plakkate het hy gesê die polisie was ­kragtens die bepalinge van die wet ingelig en ook gevra om tydens die ­protesmars ­teenwoordig te wees. Die ­munisipaliteit was ook oor die ­beplande optrede ingelig. ­Nusamane is ''n man van Omaruru, maar moes volgens hom op Okahandja werk gaan soek om selfonderhoudend te wees.

In die klagskrif word ook beweer dat so ''n enkele begunstigde met erwe in beheer van die huismark geplaas gaan word.

Die enkele toekenning is blykbaar ook gemaak terwyl ''n waglys bestaan van mense wat ''n stukkie grond gesoek het. Dit sal volgens die inwoners eerder die behuisings­krisis in Namibië vererger as om verligting te bring.

In 2007 het ''n geskatte 80 000 huishoudings op ''n eie erf gewag. Die klaers meen daar is nou baie meer. Werkloosheid, prysstygings en verstedeliking word as bykomende faktore tot die behuisingskrisis genoem.

Private ontwikkelaars word ook van ''n winsbejag met huise beskuldig. Aanvanklik was die beskikbaarheid van grond die hoofrede vir die optog.

Volgens Nusamane het verskeie ander onderwerpe bygekom.

Ernstige kapsie word ook teen die huurpryse van munisipale kampe gemaak. Hy sê die pryse is nie naastenby billik nie.

Die beskikbaarheid van water is nog ''n probleem.

Volgens sy inligting is vier gate in opdrag van die munisipaliteit geboor waarvan twee droog was.

Sy inligting is ook dat die rekenings vir die droë gate reeds betaal is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!