Omaruru skud vere reg vir tydren

Motorsport
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Omaruru gaan aanstaande maand vir die eerste keer sedert die laat 1990's weer die geleentheid kry om die opwinding van 'n tydren in hul kontrei te beleef.

Die Redline-motorklub in die hoofstad bied op Saterdag 12 Junie sy Shell V-Power-tydren met die goedkeuring van die Namibiese Motorsportfederasie (NMSF) in en om dié dorp aan.

Die tydren sal oor sewe spesiale trajekte (SS) en 110 haastige kilometers in die veldrenklas (OR) vir bakkies, en die S-klasse (S1 tot S4) vir karre beslis word. Twee trajekte sal in die dorpsgebied gejaag word om die aksie nader aan die inwoners te bring.

Op die Saterdagoggend trek die spanne oorkant die Shell-diensstasie in die dorp saam, voor hulle die eerste trajek om 10:00 moet aanpak. Die laaste trajek sal teen drie-uur die middag begin.

Mnr. Dippies Dippenaar, voorsitter van die Redline-motorklub, het gesê: “Baie van die manne se karre is nog nie gereed nie, maar uiteindelik verwag ons ongeveer 18 inskrywings.

“Ons bedank Vivo Energy Namibië wat ons en motorsport die afgelope klompie jare met sy Shell V-Power-handelsmerk ondersteun. Sonder hulle aan boord sou ons nie die kompetisie kon aanbied nie.”

Die program

SS1: 10:00 MX 1 (6.89 km).

SS 2: 10:20 Pika Long 1 (18.87 km).

SS 3: 11:30 Railway 1 (23.93 km).

SS 4: 12:30 MX 2 (6.89 km).

SS 5: 12:50 Pika Long 2 (18.87 km).

SS 6: 14:00 Railway 2 (23.93 km).

SS 7: 15:00 Pika Short (10.74 km).

Lede van vier motorsportklubs – Gobabis, Walvisbaai, Windhoek en Redline – sal by Omaruru in aksie wees.

Die byeenkoms word streng volgens Covid-19-regulasies aangebied. Meer inligting sal nader aan die kompetisiedatum in Republikein geplaas word.


FOTO
Wilro Dippenaar sal vanjaar opnuut met sy Shell V-Power PZN Panelbeaters 4x4-Ford Fiesta aan die S4-klas deelneem. Foto Facebook (SARallying)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!