Omdel wink vir Omaruru
Omdel wink vir Omaruru

Omdel wink vir Omaruru

Des Erasmus
Des Erasmus

Op Hentiesbaai het mense hulle gister reggemaak om ‘n entjie te gaan ry, want as die weerkykers reg is, kan water in die Omarururivier binnekort die Omdeldam bereik.

Dis ‘n skouspel wat hom vir die eerste keer in jare sal afspeel.

Volgens Hentiesbaaiers was die voorpunt van die vloedwater gister reeds verby die Skoenklip, wat sowat 30 km van die Omdeldam af is.

Omdel is die waterskuur van die kusdorpe Hentiesbaai, Swakopmund en selfs Walvisbaai.

Op Omaruru was water in die rivier Woensdagaand op sy hoogste vlak in jare.

Alexander Steyn van die Central-hotel het aan Republikein gesê die water het by die gewilde aandoenpunt tot teenaan ‘n geboude keerwal op die noordoewer geslaan.

“Die hele dorpie se mense was daar om te sien hoe groot boomstompe deur die water gerol word. Tydens die hoogtepunt van die vloed het daar selfs branders op die stroom gespeel.”

Die Omarururivier is die waterbron van groenteplase langs die rivier, die dorp self, Okombahe, en by Nai-Nais is die rivier Uis se waterskuur.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!