Omgewing ‘gaan ineenstort as ons net wins jaag’
Volgens ’n skrywer moet die 21ste eeu se ekonomie op mense se simbiotiese saamleef met mekaar en die aarde gegrond wees.
Francois Williams – Die waarskuwing in Club of Rome se verslag Limits to Growth is in die 1970’s is erg deur hoofstroom neoliberale ekonome gekritiseer, maar dit is tans besig om ’n werklikheid te word, het die skrywer dr. David Korten Woensdag gewaarsku.
In die verslag is gewaarsku dat die aarde se omgewingstelsels teen die begin van die 21ste eeu sal begin ineenstort weens die strewe na onbeperkte ekonomiese groei en ontwikkelings wat die natuurlike hulpbronne uitput, het Korten gesê op Club of Rome se jaarvergadering wat vanjaar vir die eerste keer in Suid-Afrika gehou word.
Korten, ook lid van Club of Rome, ’n gerekende internasionale dinkskrum oor die ekonomie se impak op die omgewing, is die skrywer van die boek When Corporations Rule the World.
Bruto binnelandse produk (BBP) meet bloot mense en hulpbronne se waarde vir die mark, meen Korten.
“Markte kan net verskaf wat te koop is. Wins is net beskikbaar aan diegene na wie dit vloei. Dit is irrasioneel om lewe te vernietig om geld te maak.”
Volgens hom moet die 21ste eeu se ekonomie op mense se simbiotiese saamleef met mekaar en die aarde gegrond wees. Korten meen die Afrika-konsep van “ubuntu” vat dié gedagte perfek saam.
Gemeenskappe behoort hul afhanklikheid van regerings en maatskappye soveel moontlik te verminder, het Korten gesê. Samelewings behoort eerder groei in welstand as groei in BBP na te streef. Geldvoorraad moet gemeenskappe se belange dien, en banke moet aan gemeenskappe as koöperatiewe banke behoort.
“Geld is tans net nommers op rekenaarbedieners, maar dit moet in gemeenskappe gegrond wees,” het Korten gesê.
Tina Stridde, besturende direkteur van die Aid by Trade Foundation, het vertel hoe haar organisasie kleinboere in Afrika help om op ’n omgewingsvriendelike en regverdige manier met katoen te boer.
Die stigting weier om met geneties-gemodifiseerde saad te werk, en daarom is hulle nie in Suid-Afrika betrokke nie, het Stridde gesê.
Dr. Nat Ware, ’n ekonoom en maatskaplike entrepreneur, het gesê kapitalisme hoef nie vernietig te word nie want dis ’n kragtige manier om verandering teweeg te bring. Dit moet net aangepas word. Die ekonomie is mensgemaak en kan verander word – ware werk aan inisiatiewe om nuwe markmeganismes te skep wat die omgewing beskerm.
Korten het nie saamgestem nie en meen dat die rekonstruksie van kapitalisme net die konsentrasie van welvaart in een deel van die samelewing verhoog.
Dr. David Ndii, besturende direkteur van die ekonomiese konsultasiefirma Africa Economics in Kenia, meen in “ubuntu”-ekonomie is daar nie konvensionele mededinging nie, want mededinging impliseer wenners en verloorders, en die oorheersing van die wenner oor die verloorder.
Korten meen die wêreld sou ’n heel ander plek gewees het as neoliberale ekonome nie die gesprek oor die heropbou van Europa ná die Tweede Wêreldoorlog oorheers het nie.
“Waarvoor jy baie versigtig moet wees, is as die Wêreldbank na jou kom en sê ons sal jou ’n lening gee as jy jou gesondheidsektor regruk. Wat gaan jy maak met die geld? Sommige lande gaan koop wapens daarmee. Geld moet nooit die uiteindelike beperking vir die samelewing wees nie. As jy geld nodig het, kan jou sentrale bank dit druk,” het hy spottenderwys gesê. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie