Ommeswaai by ongelukkefonds
Die fonds spog met ‘n sterk bestuurstelsel wat positiewe uitslae gelewer het.
font face="Verdana" >
ont face="Verdana" >
Catherine Sasman - Die Namibiese Padongelukkefonds (MVAF) is daarmee gelukgewens dat hy een van ‘n handjie vol semistaatsinstellings is wat sy sake kon omkeer en die afgelope jare nie ‘n verlies getoon het nie.
Tydens ‘n verskyning voor die parlementêre komitee belas met ekonomiese en openbare administrasie Woensdag het die fonds se uitvoerende hoof, me. Rosalia Martins-Hausiku, gesê 89% van sy strategiese plan vir 2014 tot 2019 is geïmplementeer.
Die tydperk vir dié plan het einde Maart verstryk.
In die 2018-’19-boekjaar het die fonds ‘n bedryfswins van N$126 miljoen getoon, terwyl kliëntetevredenheid op ‘n indrukwekkende 93% gestaan het.
Teen die einde van Maart het die fonds se totale bates op N$1,4 miljard gestaan, wat meer is as sy totale laste van sowat N$1 miljard.
Martins-Hausiku het die ommeswaai in sake gedeeltelik toegeskryf aan verminderde mediese koste omdat minder motorongelukke sedert 2017 by hulle aangemeld is.
Altesaam 4 187 motorongelukke is in 2016 aangeteken, 4 061 in 2017 en 3 718 in 2018.
Die Padongelukkefonds se aantal eise het van 3 526 in 2016 na 2 902 in 2018 gedaal.
In 2018 het die meeste ongelukke in Khomas voorgekom (1 364), gevolg deur Erongo (426), Oshana (380), Otjozondjupa (316) en Oshikoto (221).
Martins-Hausiku sê die MVAF het sy prosesse en stelsels aangepas sodat hy finansieël onafhanklik kan raak en het ook sekere bestuursmaatreëls ingestel om koste te bespaar.
Dit het ‘n merkbare verlaging in bedryfskostes meegebring.
Sowat vyf jaar gelede het ‘n aktuariële verslag aangedui te min geld word aan die fonds toegestaan.
Die gaping is deur die ministerie van myne en energie oorbrug, wat ‘n bydrae uit hul diesel-en petrolverkope tot die fonds gemaak het, het Martins-Hausiku gesê.
“Met behulp van hiérdie bystand en die maatreëls wat ons in werking gestel het, kon ons werk met wat ons het. Dit het daartoe gelei dat ons 100% befonds is; die solvensie van die instelling het ook verander,” het sy gesê.
Martins-Hausiku sê lesse uit die bedryf toon 30% van eise wat ingestel word, is vals.
As gevolg hiervan het die MVAF ‘n stelsel begin toepas wat elke eis behoorlik ondersoek.
“Die mediese rekeninge wat ons ontvang, is eg,” het sy gesê.
Die proses om eise in te stel, is ook drasties verbeter.
Vroeër het kliënte gekla hulle moes jare wag vir eise om uitbetaal te word.
Tans betaal die fonds alle wettige eise binne 30 dae uit.
Begrafniseise, solank dit van die regte nadoodse ondersoek– en polisiedokumente vergesel word, word binne 30 minute uitbetaal.
Martins-Hausiku sê een van die MVAF se uitdagings is dat daar slegs beperkte geriewe vir gespesialiseerde sorg in Namibië is.
In die eenheid vir rugbeserings is slegs agt beddens en een dokter beskikbaar.
Dié eenheid is in 2013 in samewerking met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste en die Sweedse maatskappy Spinalis Sweden gestig.
Terselfdertyd is daar ‘n gebrek aan kapasiteit en gespesialiseerde dokters in staatshospitale, terwyl hulpbronne om noodbasisse op te rig beperk is.
Die fonds het noodsentrums op Omuthiya en Arandis, en is ook op Otjiwarongo teenwoordig waar hul paramedici-span saam met personeel van die gesondheidsministerie werk om hulp by motorongelukke te verleen.
Martins-Hausiku sê die fonds gaan ‘n noodsentrum op Otavi oprig en oorweeg om nog een by Divundu te bou.
“Hierná sal ons suid beweeg, wat tans ‘n hoërisikogebied is. Ons wil nie gevang word dat ons gesit en slaap het as ‘n groot ongeluk gebeur nie,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie