Omstrede boot sal nou gediens word
Omstrede boot sal nou gediens word

Omstrede boot sal nou gediens word

Anneli Erasmus
Des Erasmus



EBH Hammer, 'n Walvisbaaise maatskappy, gaan die omstrede Russiese boot, MFV Ryazanovka, help om weg te vaar.

EBH Hammer het eers die noodsaaklike diens aan die Ryazanovka geweier weens die omstredenheid waarin die boot gedompel was.

Die Russiese boot is toegerus om skaars spesies van die see, soos die paar oorblywende bottelneusdolfyne van die baai, met 'n saknetmetode te vang en dan lewend te hou vir oorplasing na internasionale waterparke met China as moontlike bestemming.

Volgens 'n verklaring wat gister deur die diensverskaffer uitgereik is, was dít die rede vir EBH Hammer se aanvank­like diensweiering.

Vroeër die week het die Namibiese staatsmedia verklaar dat die Ryazanovka geensins in sy huidige toestand sulke vangste kan uitvoer nie. Van die toerusting wat gebruik moet word, was toe reeds in veilige bewaring in die Walvisbaaise hawe.

Volgens gister se verklaring is EBH Hammer die eienaars en operateurs van drie dryfdokke wat instandhoudings- en hersteldienste aan plaaslike en internasionale bote in Walvisbaai lewer.

'n Verteenwoordiger van die Ryazanovka het in Desember verlede jaar met EBH Hammer geskakel oor noodsaaklike herstelwerk wat aan die boot gedoen moet word. Die werk was 'n vereiste vir die hernuwing van die boot se veiligheidsertifikaat deur Rusland. Sonder die sertifikaat sou die boot nie uit Walvisbaai se hawegebied kon vaar nie. Die polemiek oor die boot het aanvanklik meegebring dat EBH Hammer nie aan die versoek kon voldoen nie.

Die Namibiese hawe-owerheid, Namport, en maritieme sake van die ministerie van werke en vervoer, het die noodsaaklikheid van die herstelwerk benadruk. Ongeag ander oorwegings bly dit EBH Hammer se plig om noodsaaklike dienste aan alle internasionale bote wat deur die Namibiese seegebied vaar, te lewer.

“Die bystand wat nou deur EBH Hammer aan die Ryazanovka gegee gaan word, mag onder geen omstandighede geag word as ondersteuning van die tipe besigheid wat aan die boot gekoppel word nie.

Die herstelwerk sal ook sonder voorbehoud gedoen word,” lui die verklaring. ­­

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!