Ondangwa: Vloede weens swak beplanning
Reënwater kan nêrens heen vloei nie en dam tussen plaaslike huise en 'n nabygeleë skool op.
Ileni Nandjato
Die Laerskool Shinime Shiimvula op Ondangwa en nabygeleë huise op dié dorp het weens swak stadsbeplanning oorstroom.
Die skool is naby 'n waterpoel geleë en weens 'n swak beplande behuisings-ontwikkeling kan vloedwater nêrens heen vloei nie, en dam dit tussen die huise en nabygeleë skool op.
Die munisipaliteit wend tans 'n poging aan om water van die waterpoel af na die naaste waterkanaal uit te pomp.
Volgens 'n inwoner het die poel altyd in 'n stroompie uitgeloop, maar het die dorpsraad die bou van huise in daardie area begin toelaat.
“Die skool en van ons huise is naby 'n poel waarin water van hoërliggende grond af opdam. Wanneer die poel vol raak, vloei die water gewoonlik na 'n hoof- waterstroom wat die water wegvoer. Ongelukkig het die dorpsraad plotte aan mense toegeken om in die waterkanaal te bou, wat water altyd na die hoofstroom gelei het.
Nou, ná goeie reën, staan die water en oorstroom ons huise en die skool,” sê die inwoner.
“Al wat die dorpsraad kan doen, is om die twee huise in dié gebied te sloop sodat die water weer vrylik kan vloei. Dit lyk na 'n reënerige jaar en ons weet nie wat om nog te verwag nie.”
Me. Petrina Shitalangaho, woordvoerder vir die Ondangwa-munisipaliteit, sê amptenare het die skool en omliggende omgewing besoek en dié owerheid pomp tans water uit terwyl hulle maniere probeer vind om stormwaterdreine aan te bring.
“Die raad het stormwaterkanale in die area gebou. Ons ondersoek nou net maniere om 'n stormwaterkanaal te bou wat met ander in die gebied verbind sodat water weggelei kan word. Intussen pomp die raad water met 'n masjien uit en dit help. Die watervlak het gesak,” sê Shitalangaho.
Die laerskool se hoof, mnr. Oscar Kashululu, het die raad vir hul vinnige reaksie geloof.
“Toe die skool oopmaak, was een deel oorstroom en leerlinge het geen toegang tot die toilette gehad nie. Ons het dit by die dorpsraad aangemeld en hulle het vinnig gereageer en die water het begin verminder. Daar is beplan om 'n skoolsaal te bou waar dit oorstroom het. Nou weet ons nie wat die ingenieurs sal sê nie – óf ons hersien die plan heeltemal, óf ons gaan voort met ander middele. Ons wag net vir hulle,” sê Kashululu.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie