Onderwys - Nog meer tyd kan verlore gaan
Godfrey Kleinhans - Covid-19 is nog met ons en dit is geen aangename gedagte nie.
Die herstelkoers is egter baie belowend. In Namibië was dit onlangs 92,7% teenoor 92,5% in ons buurland en grootste handelsvennoot, Suid-Afrika.
Die sterftekoers, hoe klein ookal, bly maar ‘n onaangename gedagte. In baie families het die virus die lewe van ‘n grootouer, ‘n ouer, broer of suster, oom of tante en neef of niggie geëis.
Wetenskaplikes waarsku egter teen ‘n moontlike tweede vlaag. President Geingob het onlangs dieselfde waarskuwing aan die Namibiese nasie gerig.
Gedurende periodes van inperking het wetenskaplikes onverpoosd aan ‘n teenmiddel gewerk. Een so ‘n farmaseutiese firma in die VSA het aangekondig hy sal voor die einde van hierdie jaar ‘n teenmiddel vir Amerikaners beskikbaar hê. Die res van die wêreld sal tot 2021 moet wag.
Maar, sal dit dan die einde van ons beproewing wees?
Die ander vraag is hoe Covid-19 ons samelewing verander het (en nog steeds verander) en wat ons tydens hierdie tyd van beproewing geleer het.
Historici verhaal dat pandemies wat geduur het in die Romeinse Ryk tussen 165 en 262 n.C. tot ‘n derde van die ryk se bevolking uitgewis het. Tydens die Justiniaanse pandemie wat tussen 542 en 755 n.C. gewoed het, het tussen 25 en 50 persent van die ryk se inwoners die lewe gelaat. Die Swart Dood van 1347 het ook miljoen lewens in Europa geëis.
Dit spreek sonder mond dat die pandemies ingrypende veranderings in samelewing teweeg gebring het. Die wyse waarop die mens sy intieme verbintenis met die politiek, ekonomie, kultuur en godsdiens voortgesit het, het radikaal verander. Mense was nou meer aangewese op mekaar, het meer innoverend geword en hul geloof in die demokrasie is aangewakker.
Snaaks genoeg is daar ook geskryf dat die pandemies groter belangstelling in die Christendom aangewakker het en dat die geboortesyfer in die post-pandemie era gestyg het.
Onderwys is geweldig deur Covid-19 uitgedaag en met die sluiting van die skole is daar na alternatiewe metodes gekyk om die onderrig aan die gang te hou. Die grootste negatiewe impak is die verlies aan onderrigtyd.
Met die heropening van die skole is minder kinders in klaskamers toegelaat in die lig van die afstandsreël wat gehandhaaf moet word. Omdat die meeste skole nie al hul leerlinge in klaskamers kan toelaat nie, het baie verkies om groepe leerlinge op alternatiewe dae te akommodeer. Dit beteken elke leerling hoef elke twee weke slegs vir vyf dae skool by te woon.
Die verwagting is natuurlik dat leerlinge opdragte sal ontvang wat hy of sy op die dae by die huis sal moet doen. Ouers en ander gesinslede sal moet inspring (veral in die geval van die kleintjies) en rekenaars en slimfone kan natuurlik ook aangewend word om hierdie praktyk verder te komplimenteer.
Ek het ernstige bedenkinge of die ongelykhede in ons samelewing sal toelaat dat die verlore tyd ooit op hierdie wyse ingehaal sal word. Verder is ek eerder oortuig nog meer tyd sal verlore gaan.
Die alternatief is die “gehate” dubbelskof- of peletonmodel. Die model sal die leerlingbevolking halveer en tydens 'n skooldag (wat tot ongeveer vyf uur sal duur) kan skoolfasiliteite tydens twee onderrigskofte tenvolle en meer effektief gebruik word. Hierdie model stel skole instaat om verdere verlies aan onderrig- en leertyd te voorkom en die moontliheid is groot dat van die verlore tyd ingehaal kan word. Dit kan aangewend word totdat almal teen die Covid-virus ingeënt is.
Ek sal die dubbelskofstelsel in die volgende aflewering meer breedvoerig bespreek.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie